Lutherane wil help met versoening
Die Lutherse Wêreldfederasie, wat tans sy algemene vergadering in Windhoek hou, wil help om die pyn van koloniale herinneringe te genees.
Estelle de Bruyn - Die president van die Lutherse Wêreldfederasie (LWF), biskop dr. Munib A. Younan, het die LWF se bystand vir Namibië se versoeningsproses met Duitsland aangebied en sê dit is belangrik om herinneringe aan onregte van die verlede te erken, ten einde genesing te verseker.
Met die opening gister van die 12de algemene vergadering van die LWF in Windhoek het hy ook die Verenigde Kerkeraad van Namibiese Evangeliese Lutherse Kerke erkenning gegee vir die bydrae wat dit in Namibië se stryd vir onafhanklikwording en die bevordering van eenheid gelewer het.
Hy het ook verwys na 'n onlangse dokument waarin die Evangeliese Lutherse Kerk in Duitsland aan Namibiërs en God die onregverdigbare, Duitse, koloniale misdade bely en om vergiffenis vra.
Younan het lede van die wêreldwye gemeenskap van kerke gevra om Martin Luther se aangedrewenheid om te hervorm, te herbou en die kerk te omskep in 'n gees van boetedoening en getrouheid aan die evangelie van Jesus Christus, te laat herleef.
Hy sê al is dit belangrik om die geskiedenis van die 16de eeu se hervorming en die mans en vroue te onthou wat dit moontlik gemaak het, “is dit noodsaaklik dat ons 'n gees van varsheid en vryheid soek waarmee die Heilige Gees destyds en vandag steeds beweeg”.
Sy boodskap was oor die algemene vergadering se tema, “Bevry deur God se Genade”, wat ook die fokus van wêreldwye herdenkings van die 500 jaar ná die hervorming Sondag in die Sam Nujoma-stadion is.
Younan het ook enkele van die uitdagings wat die wêreld vandag in die gesig staar, beklemtoon en voorbeelde genoem van hoe die gemeenskap van kerke daarop kan reageer.
Vryheid
“Ons word gevra om die Heilige Gees na te volg wat op die marges van die wêreld werk en die boodskap te verkondig dat God weier om te vergeet van die swakkes en die veroordeeldes, diegene wat verraai is en beset word, en diegene wat deur die wêreld se magte geïgnoreer word, het Younan, die biskop van die Evangelies Lutherse Kerk in Jordanië en die Heilige Land, gesê.
Kerke word gevra om 'n gees van bevryding te kultiveer en die vryheid te hê om mekaar moeilike vrae te vra, het hy bygevoeg.
Ekumeniese lente
Met verwysing na die geskiedkundige prosesse van versoening waarby die LWF betrokke is, het hy gesê in Oktober 2016 is 'n gesamentlike Katolieke-Lutherse herdenking van die hervorming by Lund en Malmö in Swede gehou wat uiters betekenisvol vir die ekumeniese beweging was en die weg baan om weg te beweeg van konflik.
Hy het die hoop uitgespreek dat deur gebede die afgelope dekades se Lutherse-Katolieke dialoog “tot verdere deurbrake vir 'n ekumeniese lente sal lei”. Hy sê die gesamentlike verklaring wat hy saam met pous Franciskus onderteken het, gee hom hoop vir verdere dialoog oor kwessies waaroor hulle nie saamstem nie.
Diverse wêreld
In die gees van “ecclesia semper reformanda”, die kerk se voortdurende hervorming, het Younan Lutherane aangemoedig om “van Luther te verskil” selfs wanneer hulle met waardering sy duidelike teologie van regverdiging vir genade deur geloof ontvang. Net soos die LWF sterk stappe gedoen het om Luther se veroordeling van die Katolieke Kerk om te keer en sy skrywes oor Jode en die Judaïsme met die 1984 algemene vergandering van die LWF se verklaring te repudieer, moet die kerkgemeenskap ook hul verskille oor die skrywes oor Islam en Moslems openbaar maak.
Die biskop sê so 'n selfkritiese benadering kan help om die legitimiteit van godsdienstige uitsluiting en ekstremisme wat spruit uit verkeerde interpretasies van enige geloofsgegronde tradisies, insluitende Boeddhisme, die Christengeloof, Hindoeïsme, Islam en Judaïsme, die hoof te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie