Luuksheid by Little Ongava

Little Ongava is een van die inskrywings vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2018.

Dit is ontwerp met privaatheid, luuksheid en nabyheid aan die natuur in gedagte.

Little Ongava is ongetwyfeld een van Namibië se luuksste akkommodasiegeriewe.

Die lodge is op die kruin van 'n heuwel geleë, met 'n asemrowende en eindelose uitsig oor die vlaktes.

Dit bied 'n ongelooflike ervaring as die fokuspunt vir 'n reis na die Etosha Nasionale Park met Little Ongava wat in die Ongava-wildreservaat aan die suidelike kant van die park geleë is.

Alle eenhede is op houtdekke gebou met min impak op die omgewing.

Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering van Eco Awards Namibia, het Little Ongava uitstekend in baie van die kriteria gevaar - veral wat gidse en die bestuur van die lodge betref. Met dié evaluering het Little Ongava gekwalifiseer om vir die 2018 RTA-kompetisie in te skryf wat deur NMH aangebied word.

Finaliste vir die toekennings sal op 26 Februarie aangekondig word en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!