LVMH maak aanbod vir Tiffany & Co.
LVMH maak aanbod vir Tiffany & Co.

LVMH maak aanbod vir Tiffany & Co.

Die Financial Times berig volgens bronne gaan die bekende juwelier waarskynlik sê die aanbod is te laag en dit van die hand wys.
LVMH, die Franse eienaar van Louis Vuitton en Givenchy, het ’n aanbod van US$14,5 miljard gemaak om die bekende juwelier Tiffany & Co. te koop.

Bronne, wat anoniem wil bly, sê LVMH het Tiffany vroeër in Oktober genader met dié aanbod.

Dit kontantaanbod valueer die juwelier teen US$120 per aandeel. Dit is sowat 22% meer as waarteen Tiffany op Vrydag 25 Oktober op die aandelebeurs in New York gesluit het.

Die bronne sê Tiffany evalueer tans die aanbod, maar daar is geen waarborg dat ’n ooreenkoms bereik sal word nie.

“Tiffany kan ’n interessante pasmaat vir LVMH wees, wat steeds nie ’n groot teenwoordigheid het wanneer dit by juweliersware kom nie,” sê Deborah Aitken, ontleder by Bloomberg Intelligence.

Met handelsmerkjuweliersware wat teen ongeveer 6% per jaar groei – ongeveer 200 basispunte vinniger as horlosies – kan LVMH dan deur Tiffany te koop teen maatskappye soos die Switserse Richemont meeding, sê sy. Richemont besit Cartier en Van Cleef & Arpels.

Die Financial Times het Sondag berig volgens bronne gaan Tiffany waarskynlik sê die aanbod is te laag en dit van die hand wys.

Indien suksesvol, sal dit die grootste transaksie nóg wees vir Bernard Arnault, stigter van LVMH en die rykste man in Europa.

LVMH besit reeds handelsmerke soos Bulgari, Sephora, Hublot en Dom Perignon.

Tiffany se aandele het vanjaar reeds met 22% gestyg en Vrydag teen US$98,55 gesluit. Dit waardeer die maatskappy op US$11,9 miljard.

Dit is egter nog beduidend laer as die US$139,50 per aandeel waarteen die aandele in Julie 2018 verhandel het.

LVMH se markwaarde is tans US$215 miljard. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!