Ma, dogter red reptiele uit put
''Gaan nie oor vrees nie, maar respek''
Elvira Hattingh
''n Ma en dogter het Dinsdag twee slange en ''n likkewaan uit ''n olieput by die NamPower-stasie 30 km buite Otjiwarongo gered, wat toe al reeds vir drie dae lank vasgekeer was en erg gedehidreer en verswak het.
Ethne Engelking en haar dogter Kerstin is twee van vyf vrywillige slangvangers in Otjiwarongo, wat slange kom verwyder en weer op ''n veilige plek vrylaat.
Op sestienjarige ouderdom is Kerstin Namibië se jongste slangvanger en hierdie sou ook haar eerste reddingspoging wees nadat sy onlangs opleiding van die Windhoekse slangvanger Francois Theart ontvang het.
Ethne vertel hulle het aanvanklik ''n oproep ontvang dat drie slange reeds vir drie dae lank in die pit vasgevang is. Op die toneel aangekom, het hulle ''n vasgekeerde likkewaan, sebra- en swartmambaslang ontdek.
Die Engelkings moes toe ''n plan beraam om die diere by te kom.
“Sowat twee meter van die bokant van die put is ''n tipe roosterdraad. Dan sak die put ''n verdere twee meter af. Onder in die put is baie vuil reënwater vasgevang. Ons was nie seker of die draad ons gewig sal kan steun terwyl ons die diere probeer red nie en moes gevolglik van die kant van die put af probeer werk,” het Ethne vertel.
“Dit was maklik om die mamba te vang. Hy was al kwaai gedehidreer en moontlik ''n lank ruk reeds aan die elemente blootgestel. Hy kon nie werklik meer baklei nie.
Dit was ook die eerste keer dat ek ''n swart mamba moes vang.
“Die sebraslang het egter probeer ontsnap en toe deur die draad in die water geval. Ons moes hom toe gaan uithaal en dit was nie maklik nie, omdat die skuins kante van die put dit baie moeilik maak om nie self in die water te beland nie.
“Kerstin het op ''n punt haar balans verloor en in die vuil water beland.
Sy het ligte beserings opgedoen, maar wou nie moed opgee nie. Ons kon eindelik die sebraslang red, wat nie andersins in die put sou oorleef het nie.
“Ons kon die likkewaan met die tweede probeerslag red,” het Ethne vertel. Sy sê die diere is nou in veilige bewaring waar hulle goeie versorging kry en die kans gegee word om sterker te word, voor hulle oor die naweek vrygelaat sal word.
Ethne het aan Republikein gesê haar liefde vir die natuur het by haar pa begin, wat self in natuurbewaring gewerk het.
“Hy het my geleer dat ''n mens alles in die natuur moet respekteer en laat lewe.”
Intussen help sy reeds twee jaar lank om slange te vang – veral nadat Otjiwarongo se vorige slangvanger, Brendan Barnard, Windhoek toe getrek het. Dit was ook hy wat haar geleer het hoe om slange te vang.
Op die vraag of hulle nie bang is vir die gevaarlike reptiele nie, sê sy dit gaan nie oor vrees nie.
“Ons is nie regtig bang nie, maar hanteer die diere met die nodige respek.”
Die Engelkings het NamPower bedank dat dit gehelp het om hierdie diere te red. Hulle het ook verskeie foto''s en video''s op die Facebook-groep Snakes in Namibia gedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie