Ma en seun sterf in ongeluk, pa en dogterjie oorleef
Henriette Lamprecht – Die Namibiese polisie het die name bekend gemaak van die ses mense wat Sondag in ’n botsing op die Otjiwarongo-Okahandja-pad gesterf het.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is die 27-jarige Ciska Bronkhorst en haar sesjarige seuntjie, Lian, wat passassiers in die GTi Golf was, dood.
Haar man, Henri, is ernstig in die kop-teen-kop-botsing beseer. Hul driejarige dogtertjie is lig beseer en volgens Mbeha reeds uit die hospitaal ontslaan.
In die Jetta is vier vroue – Ziita Augusto (48), Josephine Iileka (24), Sirkka Ndeshipanda Simon (27) en Laudika Ndahambelela Nghiwilepo (31) – in die ongeluk dood.
Volgens Mbeha is albei die bestuurders ernstig beseer en is na hospitale in Windhoek vervoer.
Na bewering is die ongeluk veroorsaak deur 'n derde voertuig, 'n bakkie wat aan die verkeerde kant van die pad gery het en om 'n blinde draai 'n motor verbygesteek het.
Die bestuurder het glo nie ná die ongeluk by die toneel stilgehou nie. Dié bewering is egter nie deur Mbeha bevestig nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie