Ma hof toe nu00e1 dwaalkoeu00ebl seun eis
Ma hof toe nu00e1 dwaalkoeu00ebl seun eis

Ma hof toe ná dwaalkoeël seun eis

’n Skoot wat ’n polisiebeampte glo in ’n nedersetting afgevuur het, het drie mense getref waar hulle in ’n sinkhuis gelê en slaap het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Vrou van Katutura eis meer as N$3 miljoen van die Namibiese polisie.

Die vrou en haar en seun is glo tydens ’n skietery deur ’n polisiesersant gewond en haar vierjarige seun is in dieselfde voorval doodgeskiet.

’n Dwaalkoeël het Muhupua Kahimunu op 14 Februarie vanjaar in die maag getref waar hy saam met sy ma en ouer boetie Rendy (11) in hul sinkhuis gelê en slaap het.

Me. Siegfriedine Kahimune is in die been getref.

Mnr. Laury Haimbondi, ’n polisiesersant verbonde aan die Katutura-polisiekantoor, het die dwaalkoeël glo afgevuur om rondloperhonde te verjaag.

Die koeël het deur Kahimune se sinkhuis beweeg en het haar en haar twee seuns getref.

Volgens haar is haar seun se dood “onregmatig” deur Haimbondi se “uitsluitlike nalatigheid” veroorsaak.

Volgens hofstukke het Haimbondi nie die skietery probeer voorkom nie, was hy nie versigtig oor die rigting van die skote nie en het hy sy vuurwapen afgevuur toe dit gevaarlik en ongeleë was.

“’n Redelike polisiebeampte met Haimbondi se opleiding en ervaring sou nie so opgetree het nie. Hy sou besef die skote is in die rigting van huise en sou hom daarvan weerhou het om dit in die betrokke omstandighede af te vuur. Hy sou die skote ook in ’n ander rigting afgevuur het,” lui die hofstukke.

Kahimune sê weens die dood van haar seun het sy skade in die vorm van emosionele nood, skok, angs en trauma ervaar en daarom eis sy ’n miljoen van die polisie.

Siegfriedine se tweede eis van N$1 miljoen hou verband met Rendy, wat tydens dieselfde voorval gewond is.

Vir haar eie wond eis Siegfriedine ook N$1 miljoen.

Vir die onkostes wat sy vir die begrafnis van haar seun Muhupua moes aangaan, eis sy N$2 300 van die polisie.

Klagte van moord, strafbare manslag en die nalatige hantering van ’n vuurwapen staar Haimbondi ook in die gesig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!