Ma sien pangamoord op dogter
Ma sien pangamoord op dogter

Ma sien pangamoord op dogter

Misdaad
Tuyeimo Haidula op Oshakati

’n 36-jarige vrou is Sondagaand by die Ouhwaala-nedersetting in die Omusatistreek deur haar kêrel met ’n panga doodgekap.

Nauta Munyenga en haar kêrel, Kaita Bruno Kaita (23) was na bewering in Munyenga se ma se huis toe ’n bakleiery tussen dié twee uitbreek. Hy het haar glo verskeie kere met ’n panga in die kop en nek gekap.

“Muyenga het ernstige beserings opgedoen en het op pad na die distrikshospitaal in Outapi aan haar beserings beswyk,” het polisiebevelvoerder, komm. Titus Shikongo, gesê.

Kaita het Dinsdag op aanklag van moord in die landdroshof op Outapi verskyn en sal tot 3 November in aanhouding bly.

Volgens Shikongo was Munyenga se ma ’n ooggetuie van die aanval op haar dogter.

“Sy was tuis gedurende die voorval en het probeer om die bakleiery op te breek, maar sy kon Kaita nie keer nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!