Ma smeek seun om hom aan polisie oor te gee
Otis Finck op Swakopmund - Me. Bridget Pitt, die ma van mnr. Ivan Pitt (29) wat Vrydag ná die gru-moord op me. Lindie Prinsloo (39) op Swakopmund verdwyn het, het 'n beroep op haar seun gedoen om hom aan die polisie oor te gee.
Bridget het haar seun, wat in Desember 30 word, as 'n vredeliewende en nie-gewelddadige persoon beskryf.
“Ons is almal in skok. Daar was nooit enige tekens van wat sou kom nie. Ons is diep hartseer oor wat gebeur het en het dit nie verwag nie. Ons probeer verstaan waarom dit gebeur het.”
Bridget het gesê die familie werk saam met die polisie en maatskaplike werkers, en doen alles om Ivan op te spoor.
“Ek het verskeie teksboodskappe na hom gestuur en vir hom gesê om huis toe te kom sodat ek saam met hom polisiekantoor toe kan gaan. Ek hoop regtig hy doen nie iets dom en vererger dinge verder nie.”
Ivan is die oudste van drie seuns en werk soms as skrynwerker. Hy het graad 10 aan die Senior Sekondêre Skool Swakopmund voltooi.
Bridget het ook beweringe ontken dat haar seun gereeld skuldig aan geslagsgeweld is en gesê sy is net bewus van een so 'n saak hangende teen hom.
“Hy het net een saak van huishoudelike geweld teen hom wat op 'n Sondag voorgekom het. Hy het van die kerk af teruggekom en by Lindie gaan kuier. 'n Rusie het ontstaan en sy het 'n klag aanhangig gemaak. Lindie het uiteindelik in die hof vir Ivan getuig om op borgtog vrygelaat te word."
Bridget het beklemtoon dat niemand teenwoordig was toe die moord gepleeg is nie en bygevoeg dit is onregverdig om foto's van haar seun saam met sy agtjarige dogter op sosiale media te deel.
“Die kind is in Engeland saam met haar ma en het niks te doen met wat op Swakopmund gebeur het nie. Waarom moet 'n onskuldige kind aan so 'n misdaad gekoppel word?” vra Bridget.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie