Ma vermink seun
Die ongekende vlaag misdade teen Namibiese kinders woed voort.
Henriette Lamprecht - Die ma van ’n tienjarige seun is op Ondangwa in die Oshanastreek in hegtenis geneem nadat sy verminkte liggaam in bosse naby die militêre basis by die dorp gevind is.
Erickson Malulu se keel is afgesny en sy penis en testikels verwyder.
Aan die kus is ’n 31-jarige man op Swakopmund in hegtenis geneem nadat hy glo ’n vierjarige meisie verkrag het. Volgens die polisie se misdaadverslag het die meisie by bure se huis in die Mondesa-woonbuurt met by ’n maatjie van dieselfde ouderdom gaan speel. Die man het glo die twee meisies na sy sinkhuis gelok waar hy die vierjarige verkrag het.
Die ses maande oue Etono Junias is op dieselfde dag by die Iitota-nedersetting in die Omusatistreek deur sy vyfjarige boetie met sand versmoor. Na bewering is die twee seuntjies deur hul ma op die oewer van ’n waterpan naby die nedersetting gelos, terwyl sy vis gevang het. ’n Nadoodse ondersoek sal volgens die polisie uitgevoer word om die oorsaak van Etono se dood vas te stel.
’n Tweejarige seuntjie, Ndakulilwa Meameno Amukwaya, is Donderdagoggend deur sy ma in haar kamer in die Onaniki-nedersetting in die Otamanzi-kiesafdeling dood gevind, nadat hy die gordel van ’n kamerjas om sy nek gedraai het.
In die Khomasstreek soek die polisie steeds na die liggaam van ’n tienjarige seun wat Donderdag in die Goreangabdam verdrink het waar hy saam met maats gespeel het.
Regter Marlene Tommasi het vroeër vandeesmaand in die hoërhof op Oshakati ’n “skokkend” ligte en onvanpaste vonnis vir ’n vrou wat haar pasgebore babaseuntjie herhaaldelik met ’n skêr doodgesteek het, ter syde gestel en met ’n swaarder vonnis vervang.
Die 26-jarige Peneyambeko Nghimbwasha het op 21 Junie 2012 haar babaseuntjie by die Endombo-kampong op Tsumeb 42 keer met ’n skêr in sy gesig, nek en bors gesteek.
Nghimbwasha is aanvanklik tot agt jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar opgeskort is op voorwaarde dat sy nie weer aan moord skuldig bevind word nie. Dit is gewysig na tien jaar tronkstraf waarvan drie jaar opgeskort is vir ’n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat sy nie aan moord skuldig bevind word nie.
Intussen berig Nampa die tronkstraf van ’n voormalige plaaswerker wat in November 2000 daaraan skuldig bevind is dat hy vyf minderjarige meisies op die plaas Dobbelsberg naby Karibib verkrag het, is met die helfte verminder. Thomas Afrikaner is deur regter Pio Teek in die hoërhof tot ’n effektiewe totaal van 27 jaar tronkstraf gevonnis, vyf jaar tronkstraf vir elk van die eerste vier aanklagte van verkragting en sewe jaar vir die laaste (vyfde) aanklag. Afrikaner se vonnis is Vrydag egter op appèl met 12 jaar in die hooggeregshof in Windhoek deur die appèlregter Sylvester Mainga, in ooreenstemming met appèlregter Elton Hoff en die waarnemende appèlregter Theo Frank, verminder. Afrikaner sal nou in effek ’n totale vonnis van 15 jaar uitdien. Tydens sy verhoor in November 2000 het Afrikaner erken hy het met hul toestemming seks met die eerste vier klaers gehad. Volgens hom het hy nooit seks met die laaste klaagster gehad nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie