Ma vermoor glo dogter
Ma vermoor glo dogter

Ma vermoor glo dogter

Francoise Steynberg
Yochanaan Coetzee - ’n Ma van Swakopmund sal vandag in die streekhof op dié kusdorp op ’n klag van moord verskyn nadat sy na bewering Maandagmiddag haar driejarige dogter noord van Hentiesbaai met ’n lap versmoor het.
Volgens hoofinsp. Erastus Iikuyu van die Namibiese polisie in die Erongostreek, het die 32-jarige ma met haar private voertuig noord op die soutpad in die rigting van Terracebaai gery.
“Sy het na bewering haar dogter (twee jaar en 11 maande oud) met ’n lap versmoor voor sy Myl 108, sowat 112 km van Hentiesbaai, bereik het. Ná die voorval wat omstreeks 17:00 plaasgevind het, het sy ’n SMS aan die pa gestuur en hom meegedeel dat sy sy dogter doodgemaak het,” het Iikuyu gesê.
“Die verdagte is deur die polisie en lede van die Swakopmundse buurtwag gered waar sy op die toneel probeer selfmoord pleeg het. Hulle het haar gevind toe sy besig was om brandhout te versamel en dit onder haar motor gepak het. Sy het nie die hout aan die brand gesteek nie, maar die rede hiervoor is nie bekend nie,” het Iikuye gesê.
Inwoners van die kusdorpe is geskok oor die gru-voorval en op sosiale media het dit gegons.
’n Emosionele Swakopmundse moeder het haar skok metRepublikein gedeel: “Dit is ongelooflik! Ek ken nie die mense nie, maar dat ’n moeder dit aan haar eie kind kan doen, is vir my oorweldigend. Ek kan nie eet nie, want ek dink aan hoe kosbaar kinders is as ek na my eie kind kyk.”
Die verdagte is ’n werknemer by Husabmyn en sy het ’n ouer dogter. Die ma is in aanhouding en die polisie se ondersoek duur voort.
Intussen het dit kort voor druktyd gister bekend geword dat die kop en liggaamsdele van ’n pasgebore baba op twee afsonderlike plekke in Okur­yangava by Windhoek gevind is.
Nampa berig ’n jong inwoner van dié woonbuurt het die polisie van die gru-ontdekking ingelig nadat sy en haar suster gister op pad skool toe gesien het ’n hond vreet aan iets. By nadere ondersoek het hulle vasgestel dat dit die kop van ’n baba is. Die res van die liggaam is later sowat 500 m daarvandaan in ’n rivierbedding gevind.
Volgens superintendent Maria Muomba van die stadspolisie is die babalykie in ’n sak gevind wat lyk asof dit aan die brand gesteek was, berig Nampa. Die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!