Maak die okapi's skerp
WILLEM DE WET SKRYF:
En daar kwalifiseer van ons atlete vir die spele met wêreldrekordvertonings op 'n rugbyveld as die beweerde, enigste oefenterrein.
Ek hoop ons ministerie van sport val ook op hul okapi's soos die man van oorlog uit erkenning van hul absolute mislukking en verwoesting van sportfasiliteite en geleenthede vir hoopvolle Namibiese sporttalent wat ons vlag die wêreld vol kon waai, terwyl militêre voertuie al is wat op ons eens spoggerige tartan-atletiekbaan beweeg.
En daar kry privaatskole sommer 'n klap in die verbygaan, want hulle moet hul fasiliteite oopgooi, terwyl onse korrupte regering die toegekende moot van die sportbegroting gebruik vir alles behalwe sportontwikkeling en sportfasiliteite.
Nee, hulle sit om die pappot en eet, ry duur karre en woon sport-wêkshops by terwyl 'n absolute Namibiese diamant haar voorbereiding vir 'n wêreldrekord op 'n afgeleefde rugbyveld uit die vorige regime se tyd moet doen.
SKANDE 2
Die toerismebedryf is op die rand van ineenstorting en so sit 50% van die wat eens in toerisme werk gehad het sonder werk, en die ander 50% werk teen 25% van hul salaris net om 'n werk te kan hê en darem 'n plekkie te hê waar hulle hul selfone se battery kan laai, want met die kwart van 'n salaris kan weinig gedoen word.
En wat maak onse staatsamptenare by die grens? Hulle haal hul onbeskofste en arrogantste mombakkies uit die kas en maak die drie toeriste uit 'n buurland wat wil kom kuier, en wil help om die 25% vir die 50% te realiseer, so de moer in dat hulle luidkeels op FB aankondig dat Namibië hulle nooit weer sien nie.
Mooi so GRN, julle maak ons trots.
Ek maak sommer vrywillig ekstra belastingbydraes om julle te vergoed vir jul medaljevertoning in gasvryheid en vriendelikheid.
SKANDE 3
En toe trek 40 privaatsektorsiele nogal onder leiding van 'n voorheen benadeelde met insig en verstand die afgelope naweek saam en hulle maak die Alte Feste weer (van buite) mooi.
Ek is trots op elkeen van hulle, maar ek hoop die parasiete in beheer van ons besienswaardighede val ook op hul okapi's, want so lyk alles onder hulle beheer. Alles in die land wat eintlik mooi moet wees en bewaar moet word.
Van San-rotstekeninge tot die parke, die begraafplase en die monumente. Selfs die nuwe bevrydingsmuseum begin val uitmekaar en lyk verwaarloos.
As dit nie vir private inisiatief is nie, sal al die redes waarom mense ons land besoek ook soos die tartanbaan met minagting vertrap word in die waan van selfverryking en argwaan?
Geskiedenis is geskiedenis en net soos die Wit Vrou van die Brandberg, Hendrik Witbooi en die meteoriet op Hoba, het die Alte Feste sy plek en ons moet dit benut. Of moet ons ook die wit vrou gaan toeverf, want die ouens in daai tyd het 'n helse rassistiese fout gemaak toe hulle die vrou in wit geskilder het en dit moet ook reggestel word?
Die slimmes in daardie ministerie is seker veronderstel om iets te geleer het van die waarde van historiese geboue en gebeurtenisse, asook die geld wat daarvoor begroot moet word en daaruit verdien kan word. Dit hou groot waarde vir 'n land soos Namibië in.
Of werk ons 30%-slaagsyfer op skool ook tot op die hoogste vlakke deur?
Mense met dokta'-grade, dik brille en groot titels kan tog nie so eenogig soos die judasbok die land en sy mense na die slagblok lei nie. En arrogant aanvoer hulle het die oplossings, al is die vingers van beide hande in die kasregister se laai vasgeslaan.
Nee manne, maak julle okapi's skerp, want eervolle selfdood is al wat sommige van julle van verleentheid gaan red.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie