Maak die regering oop, vra Republikeinse senator
’n Republikeinse senator na aan pres. Donald Trump van Amerika het ’n beroep op Trump gedoen om die departemente van die federale regering wat gesluit is tydelik te heropen.
Lindsey Graham sê hy het Trump Sondag gevra om die regering vir ’n beperkte tyd oop te maak sodat hulle met die Demokrate kan onderhandel oor die befondsing vir die grensmuur wat Trump op die grens met Mexiko gaan laat bou.
Die Amerikaanse regering is reeds vir 23 dae gesluit nadat die Demokrate, wat nou die meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers het, geweier het om die US$5,7 miljard wat Trump versoek het in die kongres goed te keur.
Die Demokrate weier ook om verder te onderhandel tensy die regering weer oopgestel word.
Graham meen Trump kan ’n nasionale noodtoestand afkondig indien hy met die Demokrate vergader en daar dadels van hul ontmoeting kom.
Trump sal die muur kan bou indien hy ’n nasionale noodtoestand afkondig, omdat noodfondse dan aan hom beskikbaar sal wees.
Dié plan is glo egter nie gewild onder alle Republikeine nie.
TRUMP BLAMEER DEMOKRATE
Graham het voorgestel dat Trump die regering vir drie weke oopmaak terwyl hy met die Demokrate vergader, waarna hy dan maar ’n nasionale noodtoestand kan afkondig indien daar geen vordering is nie.
Omtrent 800 000 federale werkers is tydelik ontslaan en het glad nie Vrydag hul salaris gekry nie.
Trump blameer steeds die Demokrate vir die sluiting van die regering.
Trump sê op Twitter dat hy in die Withuis is en wag dat die Demokrate kom praat, maar hulle is iewers besig om ’n goeie tyd te hê en stel nie belang in praat nie, terwyl mense op hul salarisse wag.
Nancy Pelosi, speaker van die Huis van Verteenwoordigers, se adjunkpersoneelhoof sê sy was die hele naweek in die Amerikaanse kongres vanwaar sy gewerk het.
’n Nuwe meningspeiling toon dat die meeste Amerikaners Trump vir die sluiting van die regering blameer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie