Maak dit luglangs weer u2019n heerlike belewenis
Maak dit luglangs weer u2019n heerlike belewenis

Maak dit luglangs weer ’n heerlike belewenis

Des Erasmus
Des Erasmus - Hier op Swakopmund kom trek die ringkoppe van die lugrederye van Suider-Afrika die gordels vas oor hul bedryf. Onder die vlerke van die koetse van 2016 is daar ’n paar kartetse op dit wat kostes opjaag. Dan gesels die manne en vroue weer oor passasiers, benewens die vliegtuig self die mees basiese bestanddeel van die taxi’s na die wolke. Op die gebied van kostes kom die verpligtinge van rederye. Op die grond worstel die swerwelinge met ouboet Jan Taks. Kom die beswaardes by ‘n lughawe staan ouboet taks se kleinboet Johnny Tax daar en wag. Dreigend is ook die koors van omgewingsbewustes oor die vrystelling van skadelike gasse in die ruim. Strafmaatreëls kan kom, sou vliegtuie nie die vernietigende windjies kon inhou nie.

Alles net wa! wa!, sê ‘n kollega.

Maar dan passasiersgerief. Dis waar vandag se eiertjie gelê word. Moet ‘n lugreis iets wees wat passasiers moet verduur of ‘n belewenis om te ervaar? Om te te, of nie te te nie, dit is die vraag.

Stewig op die grond, maar vir passasiers steeds deel van lugreise is die aankoms- en die vertrekpunte. As jy by ‘n groot lughawe wil in of uit, moet jy lekker loopskoene dra. Vat nou maar die aankoms. Kan mos sweer my koffertjie is immer die laaste een wat op die voerband gaan lê. Net wanneer ek vermis wil aanmeld, is hy daar. Dit terwyl die ander ouens lankal koffie drink. Die bagasiepunt is gewoonlik naby die instapplek. Met die koffertjie in die hand of op ‘n trollie is dit nou na die plek waar die sleutels van jou gehuurde motor wag. Dis doer gunter en dikwels eers een vloer op en dan weer een vloer af. Dit terwyl die smeking vir olie die stootwaentjie se wielietjies so giertjie-giertjie laat maak. Kry jou sleutels en die ligging van die plek waar jou karretjie wag. Weer moet ‘n ent gestap word en plek-plek na jou koers verneem word.

Nog ‘n ding wat ek nie by eindpuntgeboue kan verstaan nie, is die aankondigings oor die kom en gaan van vliegtuie en die passasiers. In eindpuntgeboue is daar altyd weerklanke en dan kry jy aankondigers wat in snelvuur en dikwels ook met ‘n “slang” praat. Nugter weet waarheen.

Die passasiersdiens in die kajuit is ook bespreek toe Swakopmund vlerke kry. Moet daarop ingekort of uitgebrei word? Dit kos geld, maar is dit nie juis die belewenis wat passasiers lok nie? Moet betaal word of is dit by die kaartjieprys ingesluit? Maar hoe lyk die diens? ‘n Vlugkelner het al met sy spyskaart gekom. Dis hoender, vis of biefstuk, sê hy. Maar dan sê hy daar is nog net hoender oor.

‘n Ouerige dame, waarskynlik af die plaas af, het op ‘n lang reis langs my gesit. So ‘n vreemdeling is gewoonlik ‘n kitsvriend. Ons gesels. Toe vra sy ‘n tottertjie brandewyn. En toe die waentjie weg is, prop sy die lawaaiwatertjie in haar handsak wat sy die ganse reis in haar hande klem. Agter die hand fluister sy: “Ek het juis niks gehad om vir Jan te bring nie”.

In die dae toe dobbelmasjiene hoeka in Namibië toegelaat was, maar ‘n verbod in Suid-Afrika gegeld het, het nog twee dames ‘n rytjie gedeel. Al waarna hulle verneem het, was die dobbelmasjiene. Toe verwys ek hulle maar na die destyds Kapps slap op regs.

Onthou mos selwers nog die dae van die Dakotas en die Skymasters op die lughawe Eros. Sommer daar by die instap het hulle jou naam gelees. Die vroutjies was getof vir die vlug, nie deesdae se slenters nie. Hoedjies met hoedespelde en ‘n kospakkie vir die vlug. Later Sondae se uitry Hosea Kutako toe vir die landing van die Boeing. En ou Hamman se restaurant op Eros waar Namibië se beste T-bones nog voorgesit was.

‘n Lugreis is ‘n belewenis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!