Maak gesond eet prettig en verstaanbaar
Reeds in die baarmoeder word die grondslag vir ’n kind se smaak- en koskeuses later in sy lewe gelê.
Henriette Lamprecht - ‘n Ma (en pa) se rol is om ‘n verskeidenheid van gesonde koskeuses vir jong kinders aan te bied en ongesonde opsies sover as moontlik te beperk.
Kinders kan aangemoedig word om gesond te eet op ‘n manier wat prettig en verstaanbaar vir hulle is, sê die dieetkundiges Annalien Turner en Samantha du Toit van Eat Clean Namibia Dietitians.
Dit is wel baie belangrik om kinders nie te dwing om iets te eet en hulle ook nie te straf wanneer dit by hul eetgewoontes of hul liggaamsbou kom nie, maan Annalien.
“‘n Ma leer reeds vir haar kinders van gesonde eetgewoontes terwyl hulle nog in haar baarmoeder is. Tydens swangerskap het die kos wat ‘n vrou eet, ‘n invloed op die amniotiese vloeistof waarin die baba in die baarmoeder dryf. Die baba drink van hierdie amniotiese vloeistof.”
Volgens Annalien is dit al bewys dié vroeë smake het wel ‘n invloed op ‘n kind se smaak- en koskeuses later in hul lewe.
Dieselfde gebeur tydens borsvoeding – alles wat die ma eet, beïnvloed die borsmelk in terme van nutriënte en die smaak van borsmelk wat dan later vir die kind kan help om verskillende kosse se smake en geure te aanvaar.
“Kinders kyk voortdurend wat ouers doen. Dit is daarom belangrik dat die ouers ook ‘n voorbeeld stel as dit by gesonde eetgewoontes kom.”
Volgens Annalien is ’n kind se energie- en nutriëntbehoeftes baie hoog omdat hulle aktief is en nog groei. Dit is daarom belangrik dat hulle peuselhappies tussen die drie hoofmaaltye van die dag ontvang.
“Dit is belangrik dat ‘n kosblik, net soos die ander etes van die dag, ‘n verskeidenheid van gesonde kosse vir die kind kan bied.”
Koolhidrate is die liggaam se hoofbron van energie en kan verskaf word deur bruinbrood of volgraan-kraakbeskuitjies, volgraanpap of selfs ‘n bietjie springmielies. ‘n Kwart- of halwe vars vrug voeg ekstra energie by en verskaf ook belangrike vitamienes en minerale.
“Kinders se proteïenbehoeftes is baie min en kan verskaf word deur ‘n gekookte eier, ‘n klein stukkie kaas, ‘n sny ham, biltong sonder vet of selfs grondboontjies of grondboontjiebotter.”
‘n Suiwelporsie soos melk, kaas, jogurt of Oshikandela voeg ’n bietjie ekstra proteïene by, maar is hoofsaaklik belangrik vir kinders se hoë kalsiumbehoeftes per dag. Een of twee stukkies vars groente soos klein tamaties, wortels, komkommer of selfs soetrissies is ‘n ekstra bonus wat belangrike voedingstowwe verskaf.
Volgens Annalien is dit goed om koskeuses af te wissel sodat kinders ’n verskeidenheid voedingstowwe ontvang en natuurlik ook nie verveeld raak met dieselfde kosse elke dag nie. Dit help ook om ’n inkopielys te hê wanneer jy inkopies doen om voorbereid vir die week te wees.
Sy maan dit is belangrik om kinders in te sluit as dit by inkopies kom, en ook met die voorbereiding van maaltye soos hul ouderdom dit toelaat.
“‘n Mens kan dit pret maak deur voor te stel hulle pak die groente in ‘n reënboog of ‘n gesiggie op hul borde. Pret met kos en ‘n positiewe ervaring rondom kos is belangrik oor die lang termyn.”
Ander wenke wat ‘n positiewe invloed op kinders se eetgewoontes en hul algemene welstand het, is om saam as gesin om die tafel te sit en eet, sonder enige elektronika. Verder is dit belangrik dat ongesonde peuselhappies en koeldranke nie vrylik beskikbaar is nie en nie die plek van gesonde kos inneem nie.
“As ‘n kind genoeg tyd en fisieke beweging tussen etes en peuselhappies kry om honger genoeg te raak, dan sal hulle goed eet, ongeag of die kos prettig lyk of nie.”
[email protected]; www.eatcleannamibia.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie