Maak jou goed beter en jou beter beste
Wiaan Louw, graad 10, Pro-Ed Akademie Swakopmund
Wat is ’n lewe? Wie s’n is gegewe?
Vrae word tog gevra en ’n antwoord verwag, maar jy vergeet dat jou vraag belangriker is as die antwoord wat jy kry.
Ja, mensdom, ons swig voor die oordonderende storm, vergeet van skoon lug en hiermee, betaal ons vir ons drome.
Elke oggend staar ons drie lewenskeuses in die gesig – slaap en hou aan droom, staan op en lewe nog ‘n dag, of val die dag aan en strewe om jou drome te beryk.
Niemand is altyd lus om te werk nie. Nie eers die onderwysers wat lyk asof hul nooit wil ophou nie.
Dit maak nie saak hoeveel jaar ons lewe nie, maar die waarde van lewe in ons jare.
Rome was nie in een dag gebou nie. Elke dag, al is dit net 'n breukdeel van 'n millimeter, is ek nader aan my doelwit en dit is die moete werd.
Die mederheid suksesvolle mense sal met my saamstem dat sukses eers behaal word as jy besef jy moet jou vrees oorwin en uit jou gemaksone ontsnap.
Die huidige generasie wat die aarde bewoon, het een groot swakpunt. Wanneer dit reen, word hulle nat, maar vergeet om die druppels te voel.
Hoeveel van ons is skuldig daaraan om in 'n probleem net al die negatiwiteit raak? Ons moet leer om op die mooie, unieke en opbouende te konsentreer.
Ons probleme defineer ons nie, maar ons oplossings daarvoor. Probleme leer ons om op ons beste te funksioneer en te dink. Oplossings vir jou probleme kan jou help om jou doelwitte te behaal.
Vandag se wêreld is so gevorderd en toeganklik, maar tog stagneer die meerderheid mense.
Ek het onlang ’n foto op sosiale media gesien van ’n 104-jarige man wat die 100 m hardloop. Die onderskrif vra: “Wat is jou verskoning?”
Ek is seker elkeen van ons kan ’n verskoning uitdink hoekom ons nie voluit leef nie.
Hierdie man strewe daarna om sy beste te behaal en ander te insprireer.
En ek en jy? Ons dink verskonings uit.
Goed, beter, beste moet nooit ophou nie. Hou aan totdat jou goed jou beter is en jou beter jou beste.
Die wêreld hou nooit op draai nie. Tyd staan nooit stil en wag vir niemand nie.
Begin waar jy is. Gebruik wat jy het en doen wat jy kan.
Al jou drome kan waar word, as jy die moed het om hulle na te streef.
As jou drome jou bang maak, dan weet jy jy lewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie