Maak ’n blitsvinnige geskenk-plan
Dit gebeur met ons almal. Jy kry op die laaste nippertjie ’n uitnodiging na ’n partytjie en jy het nie ’n geskenk om te gee nie. Wat nou gemaak?
Wat gebeur wanneer jy op die nippertjie ’n geskenk in die hande moet kry? Om mee te begin, dit is ’n goeie idee om ’n paar ekstra geskenkies in die kas te hou en eenvoudige geskenkpapier kan met enigiets gebruik word.
Vir kinders:
1. ’n Vinnige stop by ’n speelgoedwinkel kan talle geskenke oplewer. ’n Opgestopte speelding is goed vir pasgebore babas sowel as klein kinders tot en met 5 jaar. Daarna het jy iets nodig wat meer vermaak bied.
2. ’n Legkaart is ’n goeie geskenk vir alle ouderdomsgroepe.
3 ’n Video. As jy die kind goed genoeg ken om te weet waarvan hy hou, is dit maklik om ’n besluit te neem. As jy die kind nie so goed ken nie, is Disney-prente altyd gewild. Hou die kwitansie vir ingeval die kind dit reeds het of om om te ruil vir iets anders.
Vir tieners:
1. Geskenkbewyse is wonderlik vir tieners. Kies ’n musiek- of klerewinkel waar tieners graag koop. ’n Bewys vir ’n koffiekroeg kan ook werk.
2. Seep is ’n goeie geskenk vir tienermeisies. Sit ’n vogroom of stortjel by en die geskenk is afgerond.
3. Fotorame is vinnig, maklik verkrygbaar en perfek vir foto''s van hulle vriende.
Volwassenes:
1. ’n Bottel wyn is gewoonlik ’n goeie geskenk en vereis in die meeste gevalle nie geskenkpapier nie. As jy weet dat die persoon ’n sekere voorkeur het, kan jy dit koop.
2. Kos is altyd ’n treffer. Iets elegant soos gerookte salm of kaviaar is perfek vir die baas, of ’n geskenkpakkie van gewilde items soos sjokolade en lekkertjies vir ’n goeie vriend of vriendin.
3. Intekening vir ’n gunsteling tydskrif kan vinnig gedoen word en is prakties.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie