Maak u2019n kopskuif in boerdery
Maak u2019n kopskuif in boerdery

Maak ’n kopskuif in boerdery

NSV bied vleisproduksieskool aan
Die Namibiese stoettelersvereniging bied op 10 April ‘n vleisproduksieskool by die Otjiwa Game Lodge naby Otjiwarongo aan.

Die tema van hierdie slypskool is “’n Kopskuif nodig in boerdery.”

Van die onderwerpe wat deur uitgelese aanbieders behandel sal word sluit in: ‘n nuwe benadering tot die tradisionele boerderypraktyke om volhoubaarheid te verbeter; die ontsluiting van geleenthede in boerdery deur kreatiewe denke; die finansiering van suksesvolle en volhoubare boerdery; die bydrae van akkerbou tot boerderyinkomste asook die bydrae van houtskoolproduksie tot boerderyinkomste.

Ander temas op die sakelys is hoe om ‘n boer se kinders by opvolgbeplanning te betrek; die kritieke beginsels en emosionele oorwegings in ‘n megaboerdery en die groeipyne om ‘n suksesvolle kommersiële boer te word.

Van die sprekers by die geleentheid is mnr. Emile Jung, dr. Rudi Koekemoer, mnre. Christo Viljoen, Gernot Eggert, Dawie Kok, Japie Engelbrecht en sy seuns Koos en Japie asook mnre. Johnny Hamman, Lenn de Jager, Nico Weck en Johannes Damaseb.

Registrasie begin om 08:50 die oggend en die verrigtinge sluit teen 16:30 af.

Die koste om die vleisproduksieskool by te woon beloop N$150 per persoon.

Vir verdere navrae kan mnr. Jacque Els by [email protected] of by 081 128 1032 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!