Maak of breek vir Warriors
'n Deurslaggewende oomblik vir Namibië se Afcon-droom breek môre in Katutura aan.
Tielman van Lill - Die Tafel Lager Brave Warriors, Namibia se senior nasionale sokkerspan, stap môre om 16:00 by die Sam Nujoma-stadion teen die onvoorspelbare Guinee-Bissau op die veld.
Namibië wat in groep K saam met Guinee-Bissau, Mosambiek en Zambië vir 'n plek by die 2019 Afrika Nasiesbeker (Afcon) in Kameroen spook, sal môre een van sy beste vertonings van die jaar moet lewer.
Dit is die Warriors se voorlaaste kwalifiserende wedstryd in groep K, met net Zambië wat hierna op 22 Maart 2019 as die laaste hekkie na Kameroen oorbly.
Elke land speel ses wedstryde en almal in die groep het reeds vier kragmetings agter die rug. Vir Namibië (tweede) wat tans gelyk met die Guinee-Bissauers (eerste) op sewe punte is, kan selfs net tien punte genoeg wees. Maar dan sal beide Mosambiek en Zambië iewers moet gly om die deur vir die Warriors oop te los om volgende jaar vanaf 15 Junie tot 13 Julie by die 32ste Afcon-kampioenskap in aksie te wees.
Om veilig te speel, sal Namibië môre op sy beste moet wees om tuis 'n oorwinning te behaal.
Afrigter Ricardo Mannetti se troepe sal deeglik bewus wees dat hulle nie volgende jaar Maart teen Zambië die swaard oor hul kop wil hê dat net 'n oorwinning in die wegstryd genoeg sal wees nie. Want Mosambiek (derde) en Zambië (vierde) lê tans beide op vier punte en met twee botsings oor kan hulle nog die Warriors se huidige totaal verbysteek.
Namibië het op 10 Junie 2017 met sy openingswedstryd teen Guinee-Bissau in die 24 September-stadion met 1-0 verloor. Sy botsing by die Sam-Nujoma-stadion op 8 September vanjaar teen Zambië was 'n gelykopstryd (1-1) en beslis nie iets om oor huis toe te skryf nie.
Met hul uitstappie teen Mosambiek op 13 Oktober by die Zimpeto-stadion in Maputo beklink die Warriors 'n uitstekende oorwinning van 2-1. Met Mosambiek se besoek drie dae later aan Windhoek word hulle opnuut deur die Warriors verslaan (1-0).
Mannetti sê met Namibië se mees onlangse oorwinning teen Mosambiek is sy span op die regte pad.
Net die verdediger Riaan !Hanamub, wat vandeesweek sy pa verloor het, sal nie deel van die Warriors se mondering vorm nie. Elmo Kambindu van Mighty Gunners is vir sy fisieke benadering tot die spel nader getrek, maar sal nie deel van die uitverkose 23 spelers wees wat môre gebruik word nie.
“Kambindu is nie vir die wedstrydgroep gekies nie. Ons het hom net gebruik om die spelers vir hoë balle op te skerp. Ons sal Saterdag topklas sokker moet opdis, want Guinee-Bissau is 'n span wat in staat is en daarvan hou om vinnig sy spelpatroon aan te pas.
“Hulle is verbasend sterk en fisiek en ons sal die hoë balle waarmee hulle ons gaan peper moet hanteer asof ons daaraan gewoond is.
“Guinee-Bissau is nie verniet voor in groep K nie; hulle het nie per ongeluk daar beland nie. Met alle respek gesê, hulle weet wat hulle doen en ons sal hulle moet oordonder. Ek vra ons ondersteuners om asseblief soos in die verlede in groot getalle op te daag om die spelers te motiveer,” het die hoofafrigter gesê.
Kaartjies kos N$50 elk en is by Computicket en Sokkerhuis in Katutura beskikbaar.
– www.NFA.org.na/Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie