Maak oop jou ou00eb
Maak oop jou ou00eb

Maak oop jou oë

Lloyd Zandberg
Op die ouderdom van 16 het Alfred Visser sy sig ná ‘n gruongeluk op ’n motorfiets verloor.

“In daai oomblik het ek besef ek kan die brug tussen die ‘normale lewe’ en die eiland waarop siggestremdes leef verteenwoordig – ek het al twee dié wêrelde beleef,” sê Alfred.

Die liedjie “Open up your eyes” van die band Saving Silence het hom laat besef die ongeluk is nie die einde van sy lewe nie.

“Musiek is ’n manier om brûe te bou en bewustheid te skep,” glo Alfred.

Die idee van ‘n musiekfees om bewustheid vir siggestremdes te skep, het by hom posgevat.

Alfred se vriende en verskeie musikante het dadelik van die idee gehou.

Só is die Sound for Sight-musiekfees gebore.

“Ek speel self dromme en kitaar, en is deel van ‘n band. Musiek is ook hoe ek as siggestremde op ’n gelyke vlak met ander mense kan verkeer.”

Sedert die eerste Sound for Sight-fees het verskeie Namibiese kunstenaars deel daarvan geword.

“Só deel hulle hul talent vir ‘n goeie doel en kry terselfdertyd blootstelling. Sound for Sight word ook deur Suid-Afrikaanse groepe benut om hul talent hier te kom deel.”

Sound for Sight gaan om 12:00 op 1 Junie by Bendehuis in Windhoek plaasvind.

Saving Silence sal weer een van die hoogtepunte wees waarna belangtellendes kan uitsien.

Kaartjies is by Computicket of by die deure beskikbaar.

Besoek Sound for Sight se Facebook-blad vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer