Maak reg wat pla
Mia van Wyk, graad 7, Walvisbaai Private Hoërskool
As jy ‘n verskil wil sien, wees die verskil.
Dit is die wyse woorde wat die meeste mense sê, maar selde toepas.
In die ou dae het almal in ‘n klein dorpie mekaar goed geken en almal was vriende so in die bondel. Om daardie rede het hulle mekaar altyd gehelp en vir mekaar gunste gedoen - links en regs.
Hulle het dit nie gedoen om ‘n goeie woordjie in te kry by ander of oor geld nie. Slegs uit die goedheid van hul harte. Dis regtig ‘n groot impak in ons lewens wat minder geraak het oor die jare en teruggebring móét word. Dit kan net gebeur as óns dit doen. Mense al om ons - en onsself - sien dikwels foute, klein of groot, in sekere dinge wat ons teëkom.
Ander mense se foute en flaters soos wat hulle dink, doen of sê, word dikwels uitgebeeld of oorgedra aan ander. Ons doen nie altyd moeite om te help om daardie foute reg te stel nie.
Dink net aan prinse en prinsesse in sprokies - hulle kom agter as daar een of ander fout is in die dorpie waaroor hulle regeer. Hulle doen dan alles in hul vermoë om dit reg te maak. Nie oor belonings nie, maar omdat hulle omgee. Die dorpie se mense bly dan ‘happily ever after’ en almal is veilig omdat die prins en prinses nie selfsugtig of te skaam was om die foute reg te maak nie.
Elkeen van ons kan daardie verskil maak, al is dit net een klein ding waarop gelet en verander is.
Ons kan vir die persoon met die flater groot verleentheid spaar voor hul families, vriende of medewerkers. Hulle kan jou dalk lewenslank dankbaar wees.
Plaas jouself in die ‘flatermaker’ se skoene. Jy kan keer dat ander mense groot moeilikheid beleef. Gebruik jou ondervinding en kennis om ander te help. Jy kan vriendskappe so verkry of versterk en mense se vertroue wen. Kyk net na die volgende keer wanneer jy ‘n fout, groot of klein, raaksien, al is dit net ‘n papiersakkie wat op die sypaadjie lê. Maak daardie fout reg . . . gooi die sakkie weg. Dit bring dan ‘n verskil in jou eie lewe en hart en kan dan nog ‘n groter uitwerking hê in mense se lewens omdat jy dinge wat verkeerd is, opreg wil verander.
Sien die fout, maak die verskil.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie