Maak su00f3 vir Schengen-visums
Maak su00f3 vir Schengen-visums

Maak só vir Schengen-visums

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Duitse ambassadeur, mnr. Christian Schlaga, het tydens ’n onlangse nuuskonferensie gesê daar is die afgelope paar maande probleme wat aansoeke vir Schengen-visums betref.

“Ons het meer tydgleuwe in die laaste paar weke ingestel en dit het die probleem deels opgelos. Reisigers moet vroegtydig hul tydgleuwe aanlyn bespreek en al die nodige dokumente gereed hê. Dit kan reeds drie maande voor ’n beplande besoek aan Schengen-lande gedoen word,” het hy gesê.

Die ambassade doen die visumaansoeke vir alle Schengen-lande, wat Duitsland, Oostenryk, België, Switserland, Griekeland, Hongarye, Luxemburg, Malta en Nederland insluit.

“Ons hanteer sowat 5 200 visumaansoeke per jaar,” het Schlaga gesê.

Vir die aansoek vereis die ambassade nie ’n vooruitbetaalde vlugkaartjie of hotelbespreking nie, maar wel bewys van voorafbesprekings vir beide.

“Wanneer mense hul tydgleuwe aanlyn bespreek, sal hulle ’n lys sien met al die vereiste dokumente wat hulle moet saambring wanneer hulle die aansoek inhandig. Ná sewe werksdae sal die persoon die visa ontvang.

“Ons versoek ook reisigers om nie meer as een tydgleuf te bespreek nie. Daar is baie mense wat dit doen, maar dit dan nie kanselleer as hulle nie kan kom nie. Dit veroorsaak dat ander mense nie kan bespreek nie. As reisigers gehoor aan al die versoeke gee, kan ons die probleem oplos,” het hy gesê.

Die ambassade verwag in die volgende paar maande ’n toename in aansoeke van mense wat gedurende November en Desember na Europa wil reis.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!