Maamberua: Duitse setlaars in gevaar
Sonder om doekies om te draai, het die Swanu-verteenwoordiger in die Nasionale Vergadering Duitssprekende Namibiërs gedreig.
Estelle de Bruyn - Die Swanu-verteenwoordiger in die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Usutuaije Maamberua, het gister ‘n onbedekte dreigement teen Duitssprekende Namibiërs gemaak.
Met die aanvang van die parlementêre werksaamhede in die tyd waarin lede die geleentheid kry om kennis te gee van vrae wat hulle aan ministers wil stel, het Maamberua die koloniale geskiedenis van 1904 tot 1908 herbesoek.
Hy sê geen verskoning van die Duitse regering sal voldoende wees om die volksmoord en die dood van duisende Ovaherero- en Nama-mense ongedaan te maak nie. Dit was volgens hom ‘n volksmoord en Duitsland moet dit aanvaar.
“Ons waarsku Duitsland dat hulle die Duitse setlaargemeenskap in gevaar stel. Dit is ‘n klein wenk aan die Duitse regering dat ons nie sal huiwer om die grond te herbeset nie. Die Duitse regering moet daaraan herinner word dat vergoeding betaal moet word,” het Maamberua gesê.
Dit volg ná meer verskuilde dreigemente deur die opperhoof Vekuii Rukoro van die Ovaherero vroeër in dié verband gemaak is.
Duitsland het sedert die eerste eise vir vergoeding deur die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe daarop gewys die Duitse regering sal nie met individuele groepe in gesprek tree nie, maar slegs by regering tot regering-onderhandelinge betrokke raak.
Sedertdien is ‘n vergunning gemaak met die aanstel van ‘n spesiale gesant van die Duitse regering, dr. Ruprecht Polenz, wat in gesprek is met die spesiale gesant van die Namibiese regering, dr. Zed Ngavirue. Saam het die twee gesante met die raadpleging met verskeie gemeenskappe begin wat deur die volksmoord geraak is.
Intussen het afgevaardigdes van die geraakte gemeenskappe die Duitse regering voor ‘n Amerikaanse hof in New York gedaag. Duitsland het ‘n regsverteenwoordiger aangestel om die land se saak te stel en aan te dui dat die Duitse regering nie die jurisdiksie van die hof erken nie.
Die saak is tot 3 Mei vanjaar uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie