Maan buite sonnestelsel gewaar
Maan buite sonnestelsel gewaar

Maan buite sonnestelsel gewaar

Die kenners het na 284 spesifieke planete gekyk wat voorheen met die Kepler-teleskoop opgespoor is.
Die eerste maan wat om 'n planeet buite die aarde se ­sonnestelsel wentel, is ontdek.

Boonop is die maan buitengewoon groot – min of meer so groot soos Neptunus, en die planeet waarom dit wentel, is 'n gasreus so groot soos Jupiter.

Dié nuus is Woensdagaand aangekondig in die vakjoernaal Science ­Advances nadat kundiges dit met behulp van die Hubble- en Kepler-ruimteteleskoop bespeur het.

Sulke reusagtige mane bestaan nie in die aarde se sonnestelsel nie, waar sowat 200 mane voorkom.

As die werk bevestig kan word, sal dit die eerste ekso-maan wees wat ­opgespoor is nadat duisende planete al elders opgespoor is.

Die kenners het na 284 spesifieke planete gekyk wat voorheen met die Kepler-teleskoop opgespoor is. Dit was dié wat betreklik wye wentel­bane het en wat meer as 30 dae neem om om hul sonne te wentel.

Met so 'n observasie word die kortstondige verdoffing van die sterlig gemeet wanneer die planeet voor sy ster verby beweeg. Dit word 'n oorgang van 'n planeet genoem.



OORGANG VAN PLANEET

Met hierdie betrokke planeet is daar tydens die oorgang gesien die lig buig en die planeet waggel effens.

Die waarneming stem ooreen met wanneer 'n planeet en sy maan saam om 'n ster wentel; dit is die swaartekrag wat die lig laat buig en die planeet laat waggel. Indien iemand vanuit die ruimte na die aarde en sy maan kyk wanneer dit voor die son verby beweeg, sal hulle dieselfde verskynsel gewaar.

Die kenners meen die nuwe ontdekking is nie 'n tweede planeet nie.

Die maan se massa is vermoedelik net 1,5% van dié van sy planeet. Die maan is egter ook, soos sy planeet, gasagtig en is nie soos die aarde se maan die resultaat van 'n botsing nie.

Dit is moeilik om ekso-mane op te spoor omdat hulle kleiner is en hul oorgang so dof is. Omdat die betrokke planeet en sy maan gasagtig is, sal daar nie lewe kan wees soos ons dit ken nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!