Maan slaan asems weg
Die maan het Woensdag vir 'n rare kosmiese skouspel gesorg: 'n Rooi bloumaan, supergroot en superhelder.
Dit was die eerste super-blou-bloedmaan in 35 jaar, so genoem wanneer 'n supermaan, bloumaan en totale maansverduistering, oftewel bloedmaan vanweë sy rooi skynsel, voorkom.
Hawaii en Alaska het die beste uitsig gehad saam met die Kanadese Yukon, Australië en Asië. Die Amerikaanse weskus en Rusland kon hulle ook oor die maan verwonder.
Die tweede volmaan in 'n kalendermaand is 'n bloumaan.
Hierdie een was ook besonder na aan die aarde en helder.
Dit staan as 'n supermaan bekend. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie