Maan verduister effens
Maan verduister effens

Maan verduister effens

Tanja Bause
Maandagaand was Namibiërs dwarsoor die land ooggetuies van 'n gedeeltelike maansverduistering wat sowat vyf ure geduur het en om 19:20 'n hoogtepunt bereik het.

Dieselfde verduistering is ook in dele van Europa, Asië, Australië, Afrika, Oos- en Suid-Amerika en ook Antarktika gesien.

'n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan direk agter die aarde se skaduwee inbeweeg. Dit kan net gebeur as die son, die aarde en die maan in 'n reguit of byna reguit lyn lê met die aarde in die middel – dus net met volmaan. Die tipe en duur van die verduistering hang af van die maan se ligging in verhouding met sy wentelbaanknoop.

Die aarde se skaduwee word in twee dele verdeel: die volskadu en die halfskadu. In die volskadu is geen sonweerkaatsing nie, maar weens die son se grootte word die weerkaatsing net gedeeltelik geblokkeer in die buitenste deel van die skaduwee, daarom 'n halfskadu.

'n Gedeeltelike maansverduistering vind plaas as net 'n deel van die maan binne die volskadu lê.

'n Halfverduistering vind plaas wanneer die maan deur die aarde se halfskadu beweeg, met die halfskadu wat 'n effense verdonkering van die maan se oppervlak veroorsaak.

As die maan heeltemal in die volskadu inbeweeg, word dit 'n algehele maansverduistering genoem . Anders as 'n sonsverduistering, wat in 'n redelike klein deel van die wêreld gesien kan word, kan 'n maansverduistering gesien word van enige plek aan die nagkant van die aarde af.

'n Maansverduistering duur 'n paar uur, terwyl 'n sonsverduistering net 'n paar minute op enige gegewe plek duur vanweë die kleiner grootte van die maan se skaduwee.

'n Maansverduistering kan ook met die blote oog bekyk word, aangesien dit nooit helderder as 'n gewone volmaan word nie.

Op 21 Augustus sal daar 'n totale verduistering van die son wees. Dit kan egter net in Wes-Europa, Wes-Asië, Noord-wes-Afrika, Noord-Amerika en Suid-Amerika gesien word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!