Maansverduistering begin vanaand net nu00e1 tien
Maansverduistering begin vanaand net nu00e1 tien

Maansverduistering begin vanaand net ná tien

Elvira Hattingh
Namibiërs moenie van vanaand se gedeeltelike maansverduistering vergeet nie.

Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging skryf in die Junie-uitgawe van hul Astronews die maansverduistering sal omstreeks 22:02 plaasvind.

Die volmaan sal reeds om 18:04 opkom en die grootste deel van die maan sal teen 23:31 verduister wees. Die gebeurtenis sal om 1:00 tot ‘n einde kom, waarna die maan weer om 8:04 ondergaan.

Die vereniging sê vandag is dit ook 50 jaar sedert die tog na die maan begin het en die ruimtevaarders Neil Armstrong, Edwin Aldrin en Michael Collins in 1969 van die Kennedy-ruimtesentrum in Florida vertrek het om teen 19 Julie rondom die maan te wentel. Hulle het op 20 Julie met Apollo 11 op die maan geland.

Die vereniging sê dié datum is ook vir Namibiërs van belang omdat die argeoloog dr. Wolfgang Wendt prehistoriese tekeninge – van die oudstes in Afrika – in ‘n grot naby die Oranjerivier gevind het. Omdat die ontdekking saam met die maandlanding gemaak is, is dit die Apollo 11-grot gedoop.

FOTO'S Namibiese Wetenskaplike Vereniging en Wolfgang Paech.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!