Maatskappy reik uit na oogkliniek
Maatskappy reik uit na oogkliniek

Maatskappy reik uit na oogkliniek

Tanja Bause
Tanja Bause



Ombaye Fishing is die eerste maatskappy wat op die minister van gesondheid en maat­skaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, se oproep om hulp aan die Windhoek ­Sentrale Hospitaal se oogkliniek ­gereageer het.

Dié oproep het gevolg nadat die kliniek weens 'n gebrek aan toerusting en medisyne verlede week sy deure moes sluit en die minister die privaat sektor om hulp en ondersteuning gevra het.

Mnr. Libolly Haufiku van Ombaye Fishing het gesê die maatskappy is lank reeds gemoeid met die ­ondersteuning en bemagtiging van gesig­gestremdes.



'NA AAN DIE HART'

“Dit lê ons na aan die hart. Een van Ombaye se direkteure is ook die direkteur van die ­Federasie vir Gesiggestremdes. Dié federasie is ook van ons aandeel­houers,” het hy gesê.

“Toe ek van die sluiting in die koerant lees, het ek nie gehuiwer nie.

“Stel jou voor jy is een van die mense wat 'n afspraak by die kliniek het en dan kom jy daar en word weggewys? Hoe moet dit voel?” het hy gevra.

Ombaye Fishing het N$100 000 aan die oogkliniek geskenk.

Dr. Helena Ndume het gesê hulle sal 'n lys met die nodige toerusting, medisyne en verskaffers aan Ombaye beskikbaar maak. Die maatskappy sal dan aankope doen en aan die oogkliniek oorhandig.

Volgens die permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sou die ministerie Maandag die identifikasie en kwantifisering van die nodige toerusting en medisyne afgehandel hê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!