Macaroni-en-kaasmuffins met ham
30 minute Bereidingstyd
12 Porsies
15 minute Gaarmaaktyd
Bestanddele
12 groot ronde skyfies sigeunerham
30 ml botter
1 prei, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
30 ml meel
300 ml melk, warm
knippie neutmuskaat
250 ml mieliepitte
250 ml gerasperde kaas
2 eiers
sowat 250 g macaroni, gaar
125 ml panko-krummels
30 ml botter
Metode
30 minute
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit die holtes van ’n gewone muffinpan met kleefwerende kossproei en sit ’n sny ham in elke holte.
2 Smelt die botter in ’n kastrol en braai die prei en knoffel saam vir ’n minuut of twee. Klits die meel by met ’n ballonklitser en braai die mengsel vir nog ’n minuut. Klits volgende die melk geleidelik by tot glad. Kook vir sowat 5 minute tot mooi dik en glad; roer af en toe. Verwyder van die hitte, geur na smaak met sout, peper en neutmuskaat en keer uit in ’n koue mengbak sodat die sous vinniger kan afkoel.
3 Sodra die sous nie meer kokend warm is nie, klits die mielies, kaas en eiers by. Roer nou die pasta by en skep bo-op die ham in die muffinpan; verdeel mooi eweredig. Strooi die krummels oor, stip met botter en bak vir sowat 15 minute tot goudbruin bo-op. Laat effens afkoel. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie