Macron oorweeg noodtoestand weens erge onrus
Teen Sondag is minstens 400 mense in hegtenis geneem waarvan meer as 300 nog aangehou word.
Frankryk se pres. Emmanuel Macron sou Sondag 'n noodvergadering met sy senior ministers hê oor die ergste geweldpleging in meer as 'n dekade in Parys.
Duisende betogers met maskers aan was Saterdag in gevegte met die polisie betrokke. Voertuie, handelsbanke en huise is onder meer aan die brand gesteek uit protes teen verhoogde belasting op brandstof en hoër lewenskostes. Winkels is geplunder en ruite stukkend geslaan.
Minstens 75 000 mense het regoor Frankryk aan die betogings, bekend as die “gilets jaunes” (geel frokkies), deelgeneem. Dié spontane burgerlike protes het sowat twee weke gelede begin.
Sowat 190 brande is teen Saterdag gestig. Teen Sondag is minstens 400 mense in hegtenis geneem waarvan meer as 300 nog aangehou word. Meer as 130 mense, insluitende lede van die veiligheidsmagte, is beseer.
Die reuk van traanrook het Saterdagaand in die omgewing van die Arc de Triomphe oor die hoofstad gehang.
Sondagoggend het die Franse owerhede bykomende vragmotors gehuur om onder meer die uitgebrande voertuie en ander rommel te verwyder.
ARC DE TRIOMPHE BESOEK
Op verskeie plekke was daar graffiti wat Macron se bedanking geëis het.
Macron, wat Saterdag nog in Buenos Aires, Argentinië, by die G20-leiersberaad was, het Sondagoggend met sy terugkeer dadelik die Arc de Triomphe besoek.
Hy het onder meer met polisie- en brandweerpersoneel op die toneel gepraat. Omstanders het hom uitgejou.
Benjamin Griveaux, woordvoerder van die regering, het gesê dit is nie onmoontlik dat 'n noodtoestand ingestel sal word nie. Minstens twee polisievakbonde sê dit is nodig. Griveaux sê Macron en die senior ministers sal alle moontlikhede oorweeg.
Sowat 5 000 mense het Saterdagmiddag in die rigting van die Champs-Élysées gestap, geskree Macron moet bedank en die volkslied gesing.
Daarna het die geweld volgens die polisie uitgebreek toe duisende moeilikheidmakers, wat niks met die optog te make gehad het nie, begin het om chaos te veroorsaak.
– Netwerk24/Bronne: The Guardian, BBC, Reuters, Sky News

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie