Macron takel binnekort betogers se kwellinge
Sowat 8 000 sekerheidsbeamptes is in die strate van die hoofstad ontplooi en sowat 89 000 landwyd.
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het sy stilte verbreek ná verdere betogings wat Saterdag weer landwyd uitgebreek het.
The Independent berig Macron het sy dank uitgespreek teenoor die “magte van orde” wat ingegryp het tydens die betogings.
Macron het die polisie bedank vir hul “professionaliteit en dapperheid” nadat sowat 1 220 betogers in hegtenis geneem is ná geweld in Parys en ander stede soos Lyon, Marseille en Bordeaux uitgebreek het.
Dit is die vierde agtereenvolgende naweek van betogings in Frankryk.
Macron sal na verwagting binne die volgende paar dae ’n belangrike toespraak hou in ’n poging om die kwellings van die sogenaamde geelbaadjies of “giles juanes” te takel.
‘Nasionale eenheid’
Dié groep betogers is gekant teen onder meer stygende brandstofpryse en nuwe koolstofbelastings wat ingestel is om maatreëls teen klimaatsverandering te finansier.
Christophe Castaner, Frankryk se minister van binnelandse sake, sê die polisie het die betogings “onder beheer” ten spyte van wydverspreide oproerigheid.
Volgens Castaner is 135 mense, insluitende 17 polisiebeamptes, beseer.
Die minister beraam dat sowat 10 000 mense deelgeneem het aan die betogings in Parys. Landwyd was daar sowat 125 000 betogers.
Sowat 8 000 sekerheidsbeamptes is in die strate van die hoofstad ontplooi en sowat 89 000 landwyd.
Die BBC berig Édouard Philippe, die Franse premier, het beloof om “nasionale eenheid te herstel.”
Hy sê besprekinge met vreedsame betogers moet voortgesit word.
“Geen belasting moet ons nasionale eenheid in gevaar stel nie. Ons moet nou daardie nasionale eenheid herbou deur gesprekke te voer, deur te werk en deur bymekaar te kom,” sê Philippe.
The Guardian berig dat verskeie monumente in Parys, onder meer die Eiffeltoring en die Louvre-museum, gister heropen het.
Werkers en winkeleienaars het ook begin om op te ruim ná die betogings.
Die onlangse betogings is die ergste geweld wat dié stad in meer as 50 jaar ervaar het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie