Madiba se graf word opgeknap vir publiek
Madiba se graf word opgeknap vir publiek

Madiba se graf word opgeknap vir publiek

Lubabalo Ngcukana



Oudpres. Nelson Mandela se graf in Qunu in die Oos-Kaap word tans opgeknap as deel van die planne om dit ter viering van sy honderdste verjaardag aanstaande jaar vir die publiek oop te stel.

Tot dusver kon slegs sy familie en vriende sy graf op sy plaas naby Mthatha sedert sy dood in Desember 2013 besoek.

Konstruksiewerk word tans in die begraafplaas gedoen. Ndaba Mandela, een van Madiba se kleinkinders, het bevestig dat opgraderings gedoen word sodat die publiek die graf kan besoek.

“Ons hoop dat die begraafplaas voor Mandeladag aanstaande jaar op 18 Julie gereed sal wees. Daar is nog baie wat gedoen moet word, en ons samel steeds geld in daarvoor. Hierdie dinge neem tyd,” het hy gesê.

Mandela het bygevoeg dat die familie seker wil maak dat daar skuilings is waar die besoekers kan sit asook 'n tuin en ander fasiliteite soos lopende water voordat die publiek daar toe­gelaat word.

Hy wou nie sê hoeveel die projek in totaal gaan kos of hoeveel geld nog nodig benodig word nie.

Nkosikazi Nokwanele Balizulu, die stamleier van Qunu, wie se huis op die drumpel van Madiba se huis langs die N2 tussen Mthatha en Oos-­Londen is, het gesê sy is bewus van die konstruksiewerk in die begraafplaas, maar die koninklike familie is nog nie amptelik in kennis gestel nie.

“Die enigste inligting wat ek onlangs op 'n vergadering in die Nelson Mandela Museum gekry het, was dat Madiba se graf opgeknap gaan word sodat die publiek dit kan besoek. Meer as dit weet nie ek of enige van die inwoners nie.” – Netwerk24/City Press

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!