Maduro wys wie’s baas
Juan Guaidó het die steun van onder meer Amerika, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Israel en Australië.
Terwyl daar uit sekere oorde in die internasionale gemeenskap aangedring word dat Venezuela ’n nuwe verkiesing hou, het pres. Nicolás Maduro (56) Sondag met ’n militêre magsvertoon van sy land se weermag met Russiese wapentuig gewys wie is in beheer.
In ’n ongekende uitdaging van Maduro se gesag, het Juan Guaidó, die opposisieleier, homself as tussentydse president verklaar en voer aan dat die verkiesing ’n bedrogspul was, berig Reuters.
Guaidó het ook amnestie aangebied vir enige soldate wat hulle by sy regering aansluit.
Die 35-jarige Guaidó het die steun van onder meer Amerika, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Israel en Australië. Amerika het ook verklaar dat hy vir Carlos Alfredo Vecchio, ’n Guaidó-ondersteuner, as Venezuela se diplomatieke verteenwoordiger in Amerika, sowel as by die Verenigde Nasies (VN), aanvaar.
In die Maduro-kamp is lande soos Kuba, Mexiko, Iran, Turkye en Rusland. Suid-Afrika het ook intussen gesê hy aanvaar Maduro as die demokraties verkose president.
MAGSVERTONING
Maduro en Vladimir Padrino, Venezuela se minister van verdediging, het Sondagoggend toegekyk hoe soldate onder meer Russiese kanonne, lugafweer-masjiengewere en vuurpylaangedrewe granate afvuur.
Maduro sê dié vertoning wys aan die wêreld dat hy die ondersteuning van die weermag het en dat die land se gewapende magte gereed is om die land te beskerm. Maduro sê Guaidó neem deel aan ’n staatsgreep wat deur pres. Donald Trump se beleidsraadgewers gedryf word.
“Niemand respekteer die swakkes, die lafaards, die verraaiers nie. In die wêreld word die dapperes, die heldhaftiges, die magtiges gerespekteer.
“Niemand moet eers daaraan dink om op die heilige grond te trap nie. Venezuela wil vrede hê. Om vrede te verseker moet ons voorbereid wees,” sê Maduro.
John Bolton, die Withuis se nasionale veiligheidsraadgewer, het intussen Sondag gesê dat geweld teen of intimidasie van Amerikaanse diplomate in Venezuela of van Guaidó nie geduld sal word nie. Hy het gewaarsku dat hulle optrede van Amerika kan verwag.
Hy het ook kennis geneem van Kuba se ondersteuning van Maduro se paramilitêre magte.
VSA STAAK SY OLIE-INVOER
In wat gesien word as die mees beduidende stap om druk toe te pas op Venezuela se beleërde president, Nicolás Maduro, om te bedank het Amerika aangekondig dat hy nie meer ruolie uit hierdie land gaan invoer nie.
Amerika voer minstens 500 000 vate ruolie per dag in van Venezuela.
Bolton het Maandag die sankies teen die staatsbeheerde oliemaatskappy PDVSA aangekondig en gesê die sanksies sal in die volgende jaar verliese van US$7 miljard tot gevolg hê.
Intussen het pous Franciscus die vrees uitgespreek dat daar ’n bloedbad in Venezuela kan ontstaan.
Hy het gesê hy steun die mense van Venezuela, maar dat hy nie kan kant kies nie, berig ABC News. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie