Maer jare: Data vertel die storie
Beesbemarking in Namibië het in die eerste kwartaal vanjaar met meer as 51% getuimel omdat goeie neerslae in Desember boere oortuig het om weer hul kuddes ná verlede jaar se droogte op te bou.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het beesbemarking in die eerste drie maande van 2014 deur die bank geval: Vee op die hoef, asook karkasse wat vir uitvoerabattoirs en slaghuise bestem was. Dit is in skrille kontras met die eerste kwartaal van 2013, toe beesbemarking met bykans 74% die hoogte ingeskiet het.
Mnr. Ipumbu Shiimi, president van die Bank of Namibia (BoN), het verlede week gesê die uitwerking van die droogte word duidelik in die ekonomiese groei van die land weerspieël. Algehele ekonomiese groei in die eerste kwartaal was ’nskrale 1,6%.
In watter mate die strenger gesondheidsmaatreëls op veeuitvoere wat Suid-Afrika in Mei ingestel het die landbousektor en die plaaslike ekonomie in sy geheel gaan knou, sal eers uit die tweede kwartaal se BBP-syfers blyk.
Landbou as geheel het in die eerste kwartaal vanjaar met 19% ingekrimp. Dié negatiewe groei is aansienlik kleiner as die inkrimping wat verlede jaar ervaar is. In die derde en vierde kwartaal was die sektor se inkrimping bykans 34% en 31% onderskeidelik. In die eerste twee kwartale van 2013 het landbou negatiewe groei van 17% en 26% getoon.
Die vorige keer dat landbou vyf agtereenvolgende kwartale van inkrimping getoon het, was in 2008-09. Dié negatiewe groei was egter kleiner as dié van die afgelope vyf kwartale, met die grootste inkrimping van 29,1% wat in die vierde kwartaal van 2008 aangeteken is.
In 2009 en weer in 2011 het landbou twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe groei beleef. In die eerste twee kwartale van 2009 het die sektor met 24,8% en 9,1% onderskeidelik ingekrimp. Twee jaar later, ook tydens die eerste twee kwartale, was die inkrimping 7,3% en 3% onderskeidelik.
In 2010 het die sektor net in die vierde kwartaal swaar geploeg, toe negatiewe groei van 11,4% gemeet is.
Daarenteen was 2012 ’nvet jaar. Landbou het in al vier kwartale positief gegroei: In die eerste twee met tussen 14% en 16,4%, terwyl groei van 2,7% en 2,8% in die laaste twee kwartale aangeteken is.
Die hoogste kwartaallikse groei wat sedert die begin van 2008 deur die NSA gemeet is, was in die laaste kwartaal van 2009 toe groei 62,7% was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie