Mag ons regtig nie oor aborsie praat nie?
Yolanda Nel – Ek sê dit weer. Aborsie is nie my keuse nie, maar ek staan nie in die skoene van die vrou wat 'n keuse wil hê nie. Ek ken nie haar storie nie. Sy ken ook nie myne nie.
'n Kollega sê nou die dag ons moet asseblief eers 'n entmiddel teen die coronavirus kry voor ons 'n besluit oor die lewe en dood van ongebore babas neem.
Maar die lewe werk nie so nie en as jy vertroud is met Karma of Murphy, gaan jy weet, hierdie rampe kom gewoonlik in drieë. Een probleem gaan nie weg of raak minder belangrik omdat daar 'n globale pandemie is nie. Inteendeel, dit vererger net die probleme wat reeds daar is.
Soos byvoorbeeld, hoe lyk die hepatitis E-gevalle in Windhoek sedert corona sy kop uitgesteek het? Besef ons nie dalk nou vir die eerste keer hoeveel inwoners van dié land het werklik nie toegang tot basiese menslike behoeftes soos water, elektrisiteit en sanitasie het nie. Maar ná dekades van onafhanklikheid draai almal net 'n blinde oog en kyk in ’n ander rigting om die vuil, honger kind op die straathoek wat bakhand staan en bedel, te vermy.
Ek verduidelik vir my kollega dat dit juis as gevolg van die virus is dat voorbehoed (en talle ander medikasie) nie die land kon binnekom nie. Daar was 'n tekort. En wat doen jy dan? Vrouens raak nie aspris swanger nie en beslis ook nie op hul eie nie. Al was daar voorbehoed, niks is 100% akkuraat nie.
Die naweek sien ek 'n inskrywing op sosiale media wat lees dat indien dit onwettig is vir 'n vrou om 'n ongebore baba te aborteer, moet dit net so onwettig vir 'n man wees om 'n swanger vrou te los en die hasepad te kies. Dit klink reg en soos dit behoort te wees. Maar hoe gaan dit gekontroleer word? Dis nie ongeken dat die meisie op skool haar onderrig moet staak indien sy swanger raak nie, terwyl die seun (in gevalle waar hy bekend is) kan voortgaan met sy onderrig. Die howe is ook reeds oorlaai met sake van vroue wat genoop word om die pa's van hulle kinders vir onderhoud te dagvaar. Die punt bly, in baie gevalle betaal die pa steeds nie sy deel nie. En dieselfde kan gesê word oor aborsie. Net omdat dit onwettig is, beteken dit nie dit word nie gedoen nie.
Het die regering nie 'n plig teenoor sy landsburgers om te hoor wat hulle nodig het nie, in plaas daarvan om hul eie agenda te bevorder? En waarvoor word daar op die oomblik gevra? 'n Debat. Net 'n gesprek sodat 'n besluit van 'n paar dekades gelede bespreek kan word. Hulle het steeds die mag om die besluit te neem.
Maar ons skram weg van hierdie moeilike besluite, hierdie moeilike besprekingspunte en ons kyk in die ander rigting. Almal. Die regering, kerke en skole. Hoekom? Omdat ons Christene is? Omdat dit ons dwing om na ‘n ander se opinie te moet luister? Of omdat hierdie hierdie kwessie nie vir jou belangrik is en dat iets anders (hetsy dit water vir almal of 5G tegnologie) belangriker is? Of dalk omdat ons regtig nie oor aborsie mag praat nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie