Mag redelikheid in Botswana se olifantplan seëvier
Tony Weaver
Dit is nou feitlik onafwendbaar dat Botswana sy verbod op olifantjag, wat in 2014 ingestel is, gaan ophef. Dit is die hoofaanbeveling wat 'n subkomitee van die kabinet verlede week aan pres. Mokgweetsi Masisi gemaak het.
Net so onafwendbaar is die verontwaardiging van diereregte-organisasies wat teen jag gekant is. Dit is te verwagte. Hul uitgangspunt is om jag in ál sy vorms te verbied, ongeag wat natuurbewaringskenners sê.
Dit sal inderwaarheid moeilik wees om meer as 'n hand vol natuurbewaringskenners in Afrika te vind wat teen trofeejag as 'n bewaringsmeganisme gekant is.
Die snelgroeiende menslike bevolking en die gevolglike versteuring van die omgewing beteken dat die konflik tussen mens en dier bestuur moet word.
DRUKGROEP
Diereregte-aktiviste (meestal in Europa en Noord-Amerika, maar ook met 'n luidkeelse drukgroep in Suid-Afrika) sal nooit jag in enige vorm goedkeur nie, al beteken dit dat Afrika se natuurlewe soos wat ons dit ken, sal uitsterf. Soos wat al klinkklaar in Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika bewys is, skep trofeejag waardevolle kontantvloei en werksgeleenthede in arm landelike gemeenskappe.
Die subkomitee maak drie sleutelaanbevelings: Dat die jagverbod opgehef word; dat Botswana 'n regsraamwerk vir die uitbreiding van die jagbedryf skep; en dat die land se olifantbevolking van 130 000 binne sy historiese reikwydte bestuur moet word.
Dis alles baie redelik, maar daar is ander ontstellende aanbevelings in die verslag wat ek meen gedoem is. Ek haal aan: “Alle wildmigrasieroetes wat nie tot voordeel van die land se bewaringspogings is nie, moet gesluit word; die suidwestelike Kgalagadi-migrasieroete na Suid-Afrika moet gesluit word . . .; (en) die gereelde maar beperkte uitdunning van olifante moet ingestel word (sowel as die) vestiging van geblikte olifantvleis.” Laasgenoemde onder meer as troeteldierkos.
Eerstens is die afsny van migrasieroetes 'n voorspel tot 'n ramp. Die Kuke-veeheining, byvoorbeeld, is in 1958 opgerig om Botswana se vleisbedryf teen onder meer bek-en-klouseer te beskerm. Tot 800 000 migrerende diere het al by die heining gevrek en Botswana se wildebeesbevolking het met 90% afgeneem.
Tweedens, waarom moet die migrasieroetes na Suid-Afrika afgesny word? Dit beteken waarskynlik dat die Kaa-gebied aan die Botswana-kant van die Kgalagadi-oorgrenspark afgesny sal word.
Die doelwit van die park is juis om migrasie oor die landsgrense heen toe te laat, en olifante beweeg byna nooit so ver suid nie.
Derdens sal die uitdun van olifante 'n ramp wees vir Botswana se openbare beeld en kan dit die land se uiters winsgewende internasionale toerismebedryf (wat in 2017 US$2 miljard tot die BNP bygedra en 26 000 direkte werksgeleenthede geskep het) ernstig knou.
Dit plaas 'n magtige wapen in die breë diereregtebeweging se hand.
Daar is dus goeie maar ook baie negatiewe punte in die verslag. Ons kan net hoop dat redelikheid sal seëvier, dat die slegte uitgegooi en die goeie behou word.– Netwerk24/Berig verkort

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie