Magic en Brazilians raap waardevolle punte op
Voor die halfpadmerk van die seisoen het 'n tweede klub sy afrigters afgedank.
Tura Magic het Dinsdagaand sy MTC FNB Premierliga-wedstryd teen Julinho Sporting met 3-1 gewen, terwyl Young Brazilians met 2-1 teen Okahandja United aan die wenkant was.
Die Towenaars wat in die 2018-'19 seisoen nog nie naastenby hul peil van die vorige seisoen kon bereik nie, se oorwinning teen Julinho in die Sam Nujoma-stadion kon nie op 'n beter tyd gekom het nie.
Die Tura-span het sommer binne die eerste tien minute gedreig om die besoekers uit Rundu se doelnet te laat bolstaan, maar Tjiveta Katjimune se poging is gemaklik deur doelwagter Pavanga Mbura gekeer.
Larry !Horaeb was volgende aan die beurt om Mbura werk te gee, wat ook dié aanslag kon wegkeer. Dit was eers in die 35ste minuut dat kaptein Osvaldo Xamseb 'n perfekte aangee van Baloyi Tsandib getref het om Tura se eerste doel aan te teken. Romeo Kasume, David Omseb en !Horaeb het met hul samespel ook 'n aandeel in Xamseb se doel gehad.
Julinho het self 'n paar doelkanse in die eerste helfte geskep, maar kon nie die Towenaars se verdediging klop nie en die telling bly 1-0 met rustyd.
Met 65 minute verstreke, behaal Julinho sy enigste doel deur Teofilus Kamangu om die telling op 1-1 te laat staan. Die besoekers draai die skroef vaster en begin Magic met hoë skoppe in sy eie gebied onder druk plaas, maar kan net nie hul spel met 'n doel afrond nie.
In die 87ste minuut word Julinho aan die slaap gevang en Mbura kan nie Junius se skop keer nie. Met Tura 2-1 voor en net 'n paar minute oor voor die eindfluitjie blaas, was die skrif aan die muur vir die span van Rundu.
Drie minute later span Omseb en Junius saam en laasgenoemde tref die net om drie broodnodige ligapunte te verseël.
SLAG VAN OKAHANDJA
In Okahandja se !Nau-Aib-stadion kon hoofafrigter Woody Jacobs se Okahandja United nie die aanslag van die besoekende Young Brazilians afweer nie.
Jacobs se kop word ná Okahandja se soveelste loesing terstond deur die plaaslike span se ondersteuners geëis en hy moes erken dat dinge nie goed vir sy span lyk nie. Jacobs kon of wou egter nie dadelik sy vinger op die rede vir die gesukkel lê nie.
PIRATES VERVANG AFRIGTER
Dié klub het Erich Muinjo, sy hoofafrigter, vandeesweek versoek om sy tasse te pak.
Beide Muinjo en Heribert Kapeng (hulpafrigter) is ná ses swak vertonings van die Seerowers in die 2018-'19 seisoen in die pad gesteek. Hulle word deur Lucky Kakuva (hoofafrigter) en Jeffrey Roman (hulpafrigter) vervang, terwyl Michael Pienaar steeds as bestuurder sake hanteer.
Nicklaas Kisilipile, uitvoerende beampte van Pirates, het telefonies die stap bevestig en het beklemtoon dat die telbord die hardste praat.
“Ons is 'n groot klub wat veronderstel is om vir die hoogste louere mee te ding. Ons ondersteuners is glad nie tevrede nie en ongelukkig moet ons positiewe uitslae lewer. Dit was onafwendbaar dat ons veranderinge moes aanbring,” het Kisilipile beklemtoon.
Sover kon Pirates net een wedstryd wen en hul ses botsings kon net vier doele oplewer. Die span hang in die 15de posisie in die relegasiesone rond.
Volgens Pirates se hoofbeampte soek dié klub nog na tegniese personeel om sy afrigterskorps te versterk.
Muinjo is die tweede NPL-afrigter wat binne 'n week die deur gewys is. Robert Nauseb is binne vier maande van sy tweejaarlange kontrak by African Stars deur Bobby Samaria vervang. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie