u2018Magieseu2019 musiek onder die sterre
u2018Magieseu2019 musiek onder die sterre

‘Magiese’ musiek onder die sterre

Yandi Du Plessis
Die Goethe-Institut se Night Under the Stars (Nuts)-konserte skop binnekort weer af – met die plaaslike kunstenaar Ama wat volgende Vrydag (4 Februarie) op die verhoog te sien sal wees.

Ama word beskryf as ’n veelsydige sangeres, liedjieskrywer en sosiaal-bewuste woordkunstenaar.

Die konsert word in die binnehof van die Goethe-Institut Namibia aangebied en begin om 19:00. Toegang beloop N$20.

Vanjaar se eerste Nuts-konsert met die tema “Remembering to Water” beloof om ’n “magiese ervaring” te wees.

Besoek www.goethe.de/namibia vir meer inligting oor projekte en dienste wat die Goethe-Institut aanbied.

Kommentaar

Republikein 2025-02-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer