Magnus se familie ‘geweldig ontsteld’
Llewellyn Prince
Kabinets- en ander kollegas van genl. Magnus Malan, voormalige minister van verdediging het bewerings dat hy en ander hooggeplaaste Nasionale Party-politici by pedofilie betrek is, verwerp.
In reaksie op die boek, Die Seuns van Bird Island, sê een oudminister dit is nie die eerste keer dat sulke “absurde bewerings” gemaak word nie. Die minister, wie se naam aan Netwerk24 bekend is, maar op regsadvies weerhou word, het in ’n verklaring aan Netwerk24 gesê dat hy per geleentheid in die jare tagtig op die eiland was: “. . . wyle ministers Magnus Malan en ek en etlike ander gaste het op uitnodiging van wyle John Wiley, toenmalige minister van omgewingsake, die opening van ‘n nuwe kaai vir die laai van gwano, op “Bird Island” bygewoon. Daar sou ook geleentheid wees om te hengel.
“Dit was my eerste en enigste besoek aan die eiland.”
Die oudminister noem dan dat daar destyds ongegronde en lasterlike bewerings teen hom en Malan gemaak is, waarop hulle kommentaar gelewer het.
“Daarná was daar geen verdere negatiewe reaksie op my en Magnus se kommentaar nie.”
Hy sê dat die bewerings absurd is en dat die kommentaar wat dit tot gevolg gehad het “sodanige afmetings aangeneem het dat dit nie daar gelaat kan word nie.
"My regsadviseur gee tans aandag aan gepaste regstappe,” lui die oudminister se verklaring.
Die boek
Die Seuns van Bird Island is geskryf deur Mark Minnie, ’n oudspeurder, en Chris Steyn, ’n ondersoekende joernalis.
In die boek word onder meer beweer dat Malan en nog twee oudministers in die Nasionale Party-regering pedofiele was, wat destyds aan seksorgies met seuns, meestal bruin seuns, deelgeneem het wanneer die ministers vir “visvanguitstappies” na Bird-eiland naby Port Elizabeth gegaan het.
Die een minister se naam word nie genoem nie omdat hy nog leef.
Die ander een is John Wiley, voormalige minister van omgewingsake. Wiley en David Allan, ’n skatryk vrygeselsakeman en polisiereservis van Port Elizabeth, wat glo ook betrokke was, het albei selfmoord gepleeg.
Maryna Lamprecht, uitgewer van Tafelberg Uitgewers, het Maandag gesê hulle het “nog geen dreigemente of dagvaardings gekry ” oor die boek nie, berig Eugenie Gregan.
Malan-familie se reaksie
Intussen het genl.maj. Gert Opperman, destydse kollega van Malan en woordvoerder vir die familie, Maandag gesê die familie is “geweldig ontsteld” en geskok oor die bewerings in die boek.
Opperman sê dit is glad nie hoe oudkollegas, Malan se familie of almal wat hom geken het, hom beleef het nie.
Dit is volgens Opperman jammer dat sulke beweringe na Malan se dood gemaak word wanneer hy homself nie kan verdedig nie.
Volgens hom het talle Sondag hul “absolute onvergenoegdheid” en “skok” oor die bewerings uitgespreek.
Hy wou nie die “familie se optrede vooruit loop” en sê of verdere stappe oorweeg word nie.
Nog kollegas reageer
Frans Du Randt, wat 12 jaar lank Malan se privaatsekretaris en woordvoerder was, het Maandag gesê Malan was die “onkreukbaarste persoon”. “Omdat ek so intens by hom betrokke was, het ek baie oproepe gekry van oudkollegas wat woedend en hoë emosies (oor die beweringe) het.”
Dr. Boy Geldenhuys het Maandag gesê hy het as LP en destydse voorsitter van die NP se studiegroep oor verdediging vir baie lank met Malan in die parlement gewerk.
“Daarom is dit (die bewerings) vir my baie moelik om te glo. Die man wat hier voorgestel word verskil baie van die een wat ek geken het. Ek sal hoogs verbaas wees as daar ’n greintjie waarheid in is. Die eerste indruk wat ek gekry het toe ek hieroor lees, was dat dit fopnuus is.” – Netwerk24
GRYSBLOK
Oor die boek se skrywers:
Mark Minnie is ’n voormalige polisieman en tans ’n Engelsonderwyser aan die Universiteit van Guangzhou in China. Hy het in die 1980’s by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se Narkotikaburo as speurder gewerk en het Suid-Afrika in 2007 verlaat. Sedertdien het hy ’n Celta-onderwyssertifikaat deur die Universiteit van Cambridge in Londen verwerf en by die Universiteit van Cambridge en die British Council in China as Engels-eksaminator gewerk.
Chris Steyn is ’n ondersoekende skrywer en joernalis wat nou ’n boekwinkel in Hermanus besit en bestuur. Sy het onder meer vir die Rand Daily Mail, The Star en die Cape Times gewerk en was redakteur van die ondersoekende joernalistiekspan van sestien koerante in die Independent Newspapers-groep. Sy het in ballingskap gegaan om gevangenisstraf vry te spring nadat sy geweier het om teen een van haar bronne te getuig. Sy is in hegtenis geneem toe sy terug in Suid-Afrika was omdat sy protes aangeteken het teen ’n apartheidsproklamasie wat mediavryheid ingeperk het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie