Magteloos
Die feit dat ‘n plaaswerker en sy vrou al byna vier jaar wag op die oorskot van hul vermiste kind is ‘n skande.
Die verhaal oor die polisie se hantering van die saak lees soos ‘n riller.
Dit berokken die polisiemag se naam groot, groot skade. Hoe meer enige vertrouensverhouding erodeer, hoe moeiliker is dit om te herbou. In ekstreme gevalle kan wantroue instellings in duie laat stort.
‘n Mens moet ernstig wonder oor bevoegdheid van speurders en interne kommunikasie as geen biologiese identifisering van die oorskot nodig was nie. En dan – in hoeveel ander ondersoeke is daar soortgelyke onkunde, swak werk en ongevoeligheid.
“Almal is nie so nie”, maar . . .
Namibiërs beleef nie net kommer oor dubbele standaarde en onbekwaamheid op die gebied van wet en orde nie. Baie van ons regering se penaries kan aan dieselfde twee kwessies toegeskryf word, byvoorbeeld wat dienslewering in die algemeen, asook administratiewe en ekonomiese prosesse betref. In die private sektor sal dieselfde probleme ewe veel skade veroorsaak.
Voortrekkery met tenders, in aandeelhouding en aanstellings is soos ander vorme van korrupsie bloot tentakels van dieselfde vernietigende monster. Selfs al bestaan die kundigheid, moet die speelveld gelyk wees.
Onbevoegdheid en onderduimsheid is beide vyande van deursigtigheid.
Die boer en sy werkers se besluit om oor hul lot te praat, is belangrik en verdien krediet. Die sluiers van verdoeseling kan net lig is ons almal hokaairoepers is.
So sê ander
27 Januarie 2021
NVG moet gou toesak op sprake van JZ se R54m.
Getuienis voor die Zondo-kommissie het deur ’n nuwe klankgrens gebreek met aantygings dat R54 miljoen deur die Staatsveiligheidsagentskap aan oudpres. Jacob Zuma betaal is.
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is onlangs bemagtig om terstond op te tree indien aanduidings van vervolgbare misdaad in getuienis voorkom. In dié geval is dit van dringende belang dat ’n onmiddellike forensiese ondersoek volg. Indien daar bewyse is, behoort Zuma dadelik vervolg te word.
Die is een van die eerste onthullings van beweerde regstreekse diefstal. Vorige bewerings was meermale van ingewikkelde skemas van ’n indirekte aard om selfverryking met behulp van die Gupta-booswigte te pleeg.
Die bitter smaak in die mond wat die nuus by Suid-Afrikaners veroorsaak, word vererger deur Zuma se arrogante houding jeens die kommissie.
Die beweerde strooptog kom ook in ’n tyd waarin die land steeds getref word deur volgehoue nuwe onthullings oor hoe ANC-lede en regeringsamptenare die land se Covid-19-geld steel. Suid-Afrikaners se pyndrempel, omdat hulle soos inwoners van ’n misdaadstaat voel, is uitgeput.
’n Selfs groter oortreding as die beweerde diefstal is getuienis oor die blatante misbruik van die agentskap vir die bevordering van faksiepolitiek in die ANC.
• DIE BURGER/BEELD

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie