Mahnke: Kulturele erfenis se Sherlock Holmes
Danksy 'n prosedure wat 'n fisikus ontwikkel het, kan papirus wat vir millennia gerol of gevou is, nou sonder beskadiging virtueel 'oopgemaak' word en word baanbrekerswerk verrig.
Elvira Hattingh - “Wanneer 'n mens met argeologiese voorwerpe te doen kry wat in museums voorkom, of wat met uitgrawings ontdek is of skielik op 'n kunsmark verskyn, is dit dikwels nodig om die agtergrond daarvan vas te stel – jy moet uitvind of dit die ware jakob is, dalk 'n namaaksel is en waar dit in die geskiedenis pas.
“Die ondersoek is soos wat 'n kriminoloog doen as dit by misdade kom. In die opsig kan hierdie ondersoeke met die werk van Sherlock Holmes vergelyk word.”
Die fisikus dr. Heinz-Eberhard Mahnke van die Freie-universiteit in Berlyn het op 5 Oktober 'n praatjie by die Namibië Wetenskapvereniging gelewer en onder meer oor sy baanbrekerswerk in die projek getiteld “Localizing 4000 Years of Cultural History: Texts and scripts from the Elefantine-island in Egypt” gesels. Hy het gesê soortgelyke ondersoekende tegnieke kan ook gebruik word om die geheimenisse van Namibiese rotstekeninge te ontsyfer.
Deur gebruik te maak van natuurwetenskap help Mahnke Berlynse Egiptoloë tans met die ontsyfering en “virtuele oopvou” van delikate Egiptiese papirus-geskrifte van die Nyl-eiland Elefantine, wat reeds vir millennia opgerol of gevou is. Hy werk nou saam met Verena Lepper, die hoofnavorser en kurator van die Papirus-versameling van die Egiptiese Museum asook die Papirus-versameling in Berlyn.
Papirus (meervoud, papiri) is 'n materiaal, soortgelyk aan dik papier, wat in antieke tye as skryfoppervlak gebruik is. Dit is gemaak uit die pit van die papirusplant Cyperus papyrus.
Republikein het ná Mahnke se praatjie in Windhoek 'n onderhoud met hom gevoer. Hy is 'n fisika-professor by sy universiteit en nou ook 'n lid van die hoofbestuur van die staatsbestuurde museums in Berlyn – bekend as die Stiftung Preußischer Kulturbesitz - onder die vaandel van die Foundation of Prussian Heritage.
“Navorsing op kulturele erfenisse is soos die ondersoek van misdade - jy moet min of meer dieselfde gesofistikeerde tegnieke gebruik. Die proses waarmee die oorsprong en geskiedenis van argeologiese opgrawings, kulturele erfstukke of kunswerke vasgestel word, kan vergelyk word met ondersoeke wat speurders ná misdade moet doen.
“Daar is egter een groot verskil – jy kan nie die voorwerp wat jy ondersoek, verwoes nie – anders as by kriminologie. Dit maak die navorsing dalk selfs nog meer gekompliseerd en meer gesofistikeerd omdat dit nie-destruktiewe ondersoeke behels. “Jy moet die voorwerp hou soos dit is.”
VAN GOGH-GEHEIMENISSE ONTRAFEL
Mahnke se baanbrekerswerk met die antieke Egiptiese papiri spruit voort uit die X-straaltegniek wat gebruik word om kunswerke te analiseer.
Mahnke het verduidelik hoe gesofistikeerde ondersoektegnieke vir die eerste keer op 'n Van Gogh-skildery genaamd Patch of Grass toegepas is en 'n gesig van 'n vrou onder die lae verf ontdek is. Dit was een van die eerste skilderye waarin Van Gogh met ligter kleure en ander verftegnieke geëksperimenteer het en hy het oor 'n ouer skildery van hom geverf.
Mahnke verduidelik dat kenners, onder wie natuurwetenskaplikes en kunstenaars van die Van Gogh-museum in Amsterdam, die Delph-universiteit asook die Universiteit van Antwerp in België, die skildery geneem het en hul kennis gekombineer het om vas te stel wat onder die lae verf skuil.
“Reeds vanaf die vroegste dae is X-strale gebruik om te sien wat onder ander skilderye geverf is,” het hy gesê.
Die tegniek word makro X-straal fluoressente analise genoem en X-strale analiseer die pigment wat gebruik is. Dit werk op die prinsiep dat verskillende stowwe in die verf X-strale verskillend absorbeer of weerkaats. Die X-strale beskadig nie die prent nie. Dié analise kan ook gebruik word om te besluit hoe 'n skildery gestoor of restoureer moet word en of dit 'n namaaksel is of nie.
“Ek reken teen vandag is reeds meer as 100 skilderye deur dié proses bestudeer en so is ook onderskeie ontdekkings gemaak van ander skilderye wat onder ander geverf is.
“Die rede waarom destydse kunstenaar so oormekaar geverf het, was omdat skildertoerusting baie duur was - en hulle was gewoonlik arm. Hulle het hul toerusting spaarsaam gebruik.
“Soms het hulle skilderye toegeverf met 'n nuwe prent, soms het hulle met loodverf bo-oor geverf. In laasgenoemde geval is dit vir ons moeilik om met X-strale te kyk wat daaragter versteek is. Dan bestudeer ons dikwels die prent van agter af,” het Mahnke gesê.
TOMOGRAFIE
Dit was egter juis dié verkenning van kunswerke met X-strale wat Mahnke in staat gestel het om nou bykans dieselfde met delikate Egiptiese papiri te doen en hul geheimenisse te ontdek – sonder dat die voorwerpe self beskadig word.
Sowat agt jaar gelede het hy 'n ingewing gehad om Egiptiese skrifte in delikate, opgevoude papiri op 'n wetenskaplike wyse sigbaar te maak toe hy na 'n toespraak van die Berlynse Myriam Krutzsch, restoureerder van papirus by die Egiptiese Museum in Berlyn, geluister het. Sy het oor tomografie se moontlikhede vir papiri gepraat, maar toe reeds het die vraag ontstaan of dit nie verdere disintegrasie van die papirus kan veroorsaak nie.
Dit het eindelik tot die ontwikkeling van Mahnke se prosedure gelei waardeur 'n magdom Egiptiese skrifte nou gelees sal kan word.
“Die virtuele 'oopmaak' van dokumente wat uit papiri bestaan, word tomografie genoem.
“Tomografie word ook in hospitale gebruik waar menseliggame virtueel 'opgesny' word en op die rekenaar aanmekaar gesit word. So kan jy drie-dimensioneel visualiseer hoe dit lyk en dit help dokters met operasies.
“Tomografie word ook deur die absorbering en weerkaatsing van X-strale gedoen,” het Mahnke gesê.
“In prinsiep doen ons dieselfde om 'n papirusdokument 'oop te maak'. Dit word ook soms gedoen in die geval van 'n amulet.
“Die Egiptenare het amulette gemaak deur papirus op 'n sekere manier op te vou sodat dit baie klein is. Soms is daar byvoorbeeld vir 'n nuwe baba 'n seënwens daarin geskryf en in 'n amulet om sy nek gehang. In gevalle waarin die kinders dood en gemummifiseer is, kon ons dit weer in die hande kry.”
“Oor die jare gebeur dit dikwels dat die papirus baie delikaat raak. Dit kan soms oopgerol word sonder dat dit breek, maar dikwels het goggas dit geëet of kan dit nie gedoen word sonder om dit te verwoes nie. Dit disintegreer dikwels.
“Met die hulp van moderne tegnologie maak ons dit dus 'virtueel' oop,” verduidelik Mahnke.
Hy sê verskeie museums het 'n groot voorraad papirus waarop geskryf is – maar omdat dit meestal baie delikaat is, kon niemand nog daarna kyk nie. Hy het ook gesê dit gebeur soms dat dele van een papirus-'dokument' of pot waarop geskryf is, by verskillende museums uitkom. Danksy moderne tegnologie kan hulle egter nou al die dele bymekaar bring en soms word 'n belangrike vermiste skakel so gevind.
ELEFANTINE SE ANTIEKE PAPIRUS
“Vir dié Elefantine-papiri-projek het ons geldelike hulp van sowat 1,5 miljoen euro van die gesogte Europese Navorsingsraad ontvang. Dit is vir die eerste vyf jaar aan ons toegestaan sodat ons met die projek kan wegspring.
“Elefantine was 'n eiland waar verskillende kulturele groepe oor meer as 4 000 jaar saamgeleef het. Dit het begin met die 'ou koningskap in Egipte', sowat 3 000 tot 2 500 jaar voor ons era en strek tot die tydperk van die 'nuwe koninkryk' met die Grieke en Romeine. Dit het 'n geskiedenis wat bevolkings soos Egiptenare, Israeliete, Hebreeuse en Persiese mense asook die Grieke, Romeine en Islamiete insluit.
“Hierdie mense het papirus en potte gebruik om op te skryf. Potte breek egter maklik en daar is dus dikwels op materiaal of papirus geskryf. Papirus was destyds op sekere maniere gestoor – dit is dikwels in boekrolle opgerol en kan baie lank wees,” het Mahnke gesê.
“Van hierdie papiri van Elefantine is byvoorbeeld al reeds 110 jaar gelede na Berlyn gebring, die meeste daarvan lê in bokse – sommige in stukke, sommige is baie klein opgevou en te delikaat om oop te vou.
“Daar is baie om te doen, 'n magdom inligting lê nog daarin opgesluit en wag om ontdek te word.
“Dié navorsing behoort nie aan die navorsers nie, maar moet openlik gedeel word sodat ander daaruit kan leer.
VERBINTENIS MET NAMIBIË
“As dit kom by Namibiese rotstekeninge, is 'n tipiese vraag dikwels: Hoe oud is dit?”
Mahnke sê die ouderdom van voorwerpe word meestal deur koolstofdatering bepaal.
“Almal van ons het 'n radioaktiewe isotoop van koolstof-14. Alle lewende organismes bestaan hoofsaaklik uit koolstof. Een isotoop is egter radioaktief en word deur kosmiese golwe in die atmosfeer vervaardig.
“Ons haal asem, bou en groei en neem koolstof op om organiese materiaal te skep. Deur asemhaling skei ons ook koolstof uit. Ons handhaaf dus die heeltyd 'n tipe ekwilibrium en het 'n sekere hoeveelheid radioaktiewe koolstof in ons liggame.
“Sodra ons sterf, neem ons nie langer aan dié proses deel nie. Dit is hoe ons 'n tydskaal kan vorm en sien wanneer iemand dood is. Dit bied ons 'n verval-konstant wat ons help om te bepaal wanneer 'n organisme opgehou het om aan die koolstof-ekwilibrium deel te neem,” het Mahnke gesê.
Hy is van mening dat datering ook antwoorde oor Namibiese rotstekeninge kan bied.
“Wie is verantwoordelik vir die rotstekeninge?
“Navorsing dui aan dat, in die geval van dié tekeninge, is verf dikwels van ysteroksied gemaak. Dit maak dit moeilik om vas te stel hoe oud die tekeninge is, want geen koolstof kan dus gedateer word nie.
“Daar is egter nog 'n manier hoe vasgestel kan word wie vir die rotstekeninge verantwoordelik is.
“Die mense moes egter byvoorbeeld iets geëet het en stukke organiese materiaal mag dalk nog by die tekeninge wees. Dié oorblyfsels kan dateer word. Ons moet egter seker wees hierdie kos kom van dieselfde mense wat die verfwerk gedoen het.
“Dit kan wees dat die verf ook organiese materiaal bevat, wat beteken ons sal dit kan dateer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie