Mainstay Cane se skip loop op die rotse
Nellie Band-Jonker – “Ons Mainstay-liefhebbers is nou op ’n eiland gestrand. Die Mainstay-boot vaar nie eens meer naby die eiland verby waar ons is nie.”
Só het Kenneth Mcintyre, wat homself as ’n jare lange Mainstay-man beskryf, gereageer op die nuus dat die Stellenbosse drankmaatskappy Distell besluit het om die vervaardiging van sy gunstelingdrankie te staak.
Mainstay is vir baie so eie aan Suid-Afrika soos biltong en droëwors. Dit word op webtuistes soos Southern African Products as “uniek tot Suid-Afrika en so spesiaal soos tequila vir Mexico bemark”. Of op theSavanna.co.uk met die slagspreuk “Taste the Best of South Africa” word dit saam met produkte soos biltong en droëwors verkoop.
“Dis die einde van een van die legendes in die drankbedryf,” sê Mcintyre. “Wat gaan van die Mainstay Cane-liefhebbers word?”
Distell in reaksie op navrae gesê: “Ons kan bevestig dat die handelsnaam gestaak sal word as deel van ons algemene sakestrategie om op die bou van ’n portefeulje van sleutelhandelsname te fokus."
Volgens Distell het hy nog handelsname in die wit spiritualieë-kategorie met sy premie wodka Cruz en die meer toeganklike wodka Count Pushkin en Gordon’s Gin.
Baie mense sal seker nog die 1986-Mainstay-advertensie se slagspreuk onthou: “You can stay as you are for the rest of your life, or you can change to Mainstay!”
Hier is ’n meer onlangse advertensie daarvan.
Op Rumproducers.wikidot.com/ word gesê dit is in die suikerrietplantasies van KwaZulu-Natal geskep en is in 1954 in die provinsie bekend gestel. Teen 1967 het dit nasionale status bereik. Dit word van suikerriet gedistilleer. Dit word op dieselfde manier as wodka gemaak en omdat dieselfde reëls as in Amerika en Europa daarvoor gebruik is, beteken dit dat dit ook wodka genoem kan word. Mainstay Cane het in 2007 die wodka-kategorie op die International Wine and Spirits Awards gewen.
Mcintyre sê die persoon met wie hy by Distell se verbruikersafdeling gepraat het, het bevestig dat Mainstay onttrek word. Sy kon nie ’n rede verskaf nie, maar het erken dat dit ’n “groot gatslag” vir Mainstay-liefhebbers is.
Hy het dit altyd met Coke gedrink en later met Coke Zero. “Ek dink Coke-verkope gaan ook daal want dis hoe die meeste Mainstay-liefhebbers dit geniet.
Manie Potgieter, eienaar van Roeland Liquors in Kaapstad, sê hy hou so drie bottels aan en verkoop omtrent net soveel per jaar.
“Dis een van daai pure KZN-dinge. Ek het dit op die rak omdat buitelanders nou en dan inkom – dis dieselfde een wat vir pinotage sou vra – wat daarvoor kom vra.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie