Makaka groet te vroeg
Makaka groet te vroeg

Makaka groet te vroeg

Die gewese uitblinker op die Wêreldsewesreeks het op 37-jarige leeftyd omgekom.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Allan Makaka Shisiali, voormalige Keniaanse sewesspeler en vleuel, is Saterdagaand tragies in sy tuisland oorlede.

Die 37-jarige Makaka was alleen in Mombasa-straat, Nairobi, onderweg toe sy voertuig 'n trok van agter getref het. Hy is op slag dood. Wyle Makaka word deur familie, vriende en kollegas as 'n warm mens op en van die rugbyveld beskryf.

Die Kenia-rugbyunie sê in 'n verklaring: “Allan se dood Saterdag in 'n motorongeluk is vir ons 'n groot skok. Sy dood is inderdaad 'n massiewe verlies vir sy familie, vriende en kollegas en die rugbywêreld in die algemeen.

“Ons is diep getref en bedroef deur Allan se ontydige heengaan. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende. Rus in vrede, Champ.”

Makaka het Kenia in 57 seweswedstryde verteenwoordig en 28 drieë vir sy land gedruk. Hy het Kenia met onderskeiding in 2005 by die Hongkong-seweswêreldbeker en die 2006 Statebondspele in Melbourne, Australië, verteenwoordig. Makaka se 28 drieë in die Wêreldsewesreeks plaas hom 21ste op die lys van voorste driedrukkers vir sy land in die sewesreeks.

Tydens die 2004-2005-seisoen het hy die meeste drieë vir Kenia in die Wêreldsewesreeks gedruk wat sy algehele bydrae op 86 punte te staan bring.



LID VAN WENSPANNE

Wyle Makaka het sy naam as blitsige spoedvraat by die Ulinzi-klub gemaak waar hy sy klub gehelp het om in 2002 en 2003 die nasionale sewestitel twee jaar agtereenvolgens in te palm.

Nadat Ulinzi aan die einde van die 2004-seisoen sy deure toegemaak het, het hy hom by Kenia Harlequin aangesluit. Makaka was opnuut aan die wenkant toe sy nuwe klub in 2005 en 2006 die nasionale sewestitel buit. In 2008 raap Harlequin die Kenia-ligabeker op.

Makaka het die oog gevang en is by die nasionale sewesoefengroep betrek. Hy het in 2005 vir die eerste keer vir die Shujaa's opgedraf (die Swahili-woord vir brawe helde en bynaam van Kenia se nasionale sewesspan vir mans).

Hy was sedert Februarie 2012 in diens van die Royal Media Services in Kenia waar hy tot sy dood as sakebestuurder gewerk het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!