Makalani’s se voete in die water
Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar bestaan ook ’n moontlikheid vir kitsvloede waar dit meer as 50 mm binne 24 uur reën. Die weerkantoor waarsku Namibiërs in dié gebiede om voorsorg te tref. Intussen het reën reeds op talle plekke in die land voorgekom. Me. Marie Kriel het dié foto van die Noorde se kenmerkende Makalani-palms, wat langs poele water staan, die afgelope Saterdag op die Facebook-blad “Reën in Namibia” gedeel. Sy het geskryf: “40 mm op Veldduin gisteraand. So dankbaar.” Veldduin is in die Grootfontein-gebied geleë. FOTO Babette Elisabeth Taljaard.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie