Makgoba kry steun vir uitspraak teen Zuma
Kerkleiers staan saam met Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad.
Eerw. Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, se uitspraak dat die ANC die “naelstring met die pres. Jacob Zuma-era moet knip”, het steun van ander kerkleiers gekry.
Makgoba het Sondagnag in sy Kersboodskap in die St. George-katedraal in Kaapstad gesê as adj.pres. Cyril Ramaphosa, wat onlangs tot ANC-leier verkies is, nuwe lewe in die party wil blaas, sal hy en die nuwe leierskap die “naelstring wat hulle met die Zuma-era verbind”, vinnig en beslis moet knip.
Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van NG Kerk, het by navraag gesê dié kerk is soos die Anglikaanse Kerk lid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) wat hulle vroeër vanjaar baie sterk uitgespreek het teen die optrede van die regering en die president.
“Sterk morele leierskap is nou nodig – daar is oral morele verval. Ons dink nie pres. Zuma kan langer morele leiding verskaf nie. Ek stem saam met Makgoba dat Zuma so gou as moontlik vervang moet word en hoop en vertrou dat die nuwe leiers sterk morele leiding sal verskaf.
“Die Kerk voel baie sterk daaroor dat politieke leiers verantwoordelikheid moet aanvaar vir die situasie in Suid-Afrika in terme van korrupsie en magsvertoon. Tot op hede het ons dit nie sien gebeur nie. Die party het nou nuwe leiers. Daarom is dit logies dat hulle nou moet optree,” het Janse van Rensburg gesê.
Dr. Isak Burger, voormalige president van die Apostoliese Geloofsending van die Suid-Afrika, het sy waardering teenoor Makgoba uitgespreek dat hy sterk standpunt ingeneem het.
“Ek kan my grootliks identifiseer met wat hy gesê het. Ek dink dit was hoogtyd en nodig – meer kerkleiers en kerke behoort dit te sê.”
Talle bedienings, een boodskap
Burger, wat Makgoba as ’n “swaargewig Christenleier” bestempel het, het gesê dit is belangrik dat kerke eenstemmig en eenparig standpunt inneem teen korrupsie en staatskaping.
Hy het daarop gewys dat Zuma in gesprekke met kerkleiers hulle telkens aangemoedig het om die ANC en die regering verantwoordbaar te hou.
“Wanneer dit egter gedoen word, hou Zuma nie daarvan nie en neem hy aanstoot. Dit het gebeur toe weer. Frank Chikane hom gekritiseer het waarna hy vir hom gesê het hy moet hom by kerksake bepaal. Zuma hou daarvan om hom te beroep op die Bybel, God en Jesus vir politieke en ideologiese gewin, maar as kerkleiers krities teenoor hom is, moet hulle hulle by kerksake bepaal. Hy praat dus met ’n gesplete tong in dié verband.”
Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-universiteit, glo Makgoba het ’n nuwe veldtog ingelui om Zuma te herroep.
“Ek dink ons kan meer daarvan te wagte wees in Nuwejaarsboodskappe van ander organisasies. Ek dink nie dat Zuma uit sy eie gaan loop nie. Ek dink hy sal uitgedwing word. ’n Ooreenkoms sal op die tafel moet kom voordat hy loop,” sê Venter.
Zizi Kodwa, ANC-wooordvoerder, het by navraag per SMS gesê: “Ons het die boodskap hard en duidelik gehoor – ek vat dit rustig met familie en maak gereed vir die nuwe jaar en sy uitdagings.”- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie