Maleisië ontken 'onregverdige optrede' teen Namibiërs
Die Maleisiese departement vir immigrasie ontken beweringe dat twee neefs van die Namibiese hoë kommissaris in daardie land vroeër vandeesmaand onregverdig by die Internasionale Lughawe Kuala Lumpur behandel is.
Volgens die Maleisiese direkteur-generaal, mnr. Datuk Khairul Dzaimee Daud, is die twee mans na die departement se kantoor op die lughawe geneem om inligting oor hul informele besoek aan die land in te win.
Volgens Malaymail kon nie een van die mans bevredigende antwoorde by die aankomstoonbank vir immigrasie verskaf nie.
FreeMalaysiaToday het vroeër berig Namibië se hoë kommissaris, me. Anne Namakau Mutelo, het beweer haar neefs, mnre. Adventure Simataa Simasiku en Roydie Mabengano Simasiku, is vir drie ure deur immigrasiebeamptes aangehou nadat hulle in die land aangekom het.
Volgens Mutelo het die optrede van die immigrasiebeamptes die regte van die Namibiërs wederregtelik geskend.
Dzaimee Daud sê in sy verweer Mutelo het tydens die voorval die kantoor binnegestorm en die departement se standaardprosedure bevraagteken.
Volgens hom behoort dít nie die optrede van 'n hoë kommissaris te wees nie. In die lig hiervan gaan sy departement in protes teen Mutelo se optrede 'n brief skryf.
“Dít omdat Mutelo by die werksaamhede van 'n regeringsagentskap probeer ingryp het en dit 'n oproer veroorsaak het oor iets wat nie waar is nie,” het hy gesê.
Mutelo het aan FreeMalaysiaToday gesê sy het 'n formele klag by Wisma Putra, die ministerie van buitelandse sake, ingedien omdat dit vir die welsyn van diplomatieke verteenwoordigers in Maleisië verantwoordelik is.
Volgens haar is haar neefs vir drie ure in 'n “immigrasiekantoor” saam met ander Afrikane aangehou. In 'n mediaverklaring het die immigrasiebeampte glo herhaaldelik gesê “dié is Maleisië en nie Namibië nie”.
Die beampte het glo ook die paspoorte na Mutelo teruggegooi.
Een van die neefs het 'n deel van die onderonsie opgeneem, maar die immigrasiebeampte het hom gevra om dit uit te wis.
Volgens Mutelo is die twee mans laat gaan nadat hul paspoorte gestempel is, sonder om enige rede vir hul aanvanklike aanhouding te verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie