Maleisiu00eb sluit ooreenkoms vir soektog na MH370
Maleisiu00eb sluit ooreenkoms vir soektog na MH370

Maleisië sluit ooreenkoms vir soektog na MH370

‘n Nuwe soektog kan dalk antwoorde vir die naasbestaandes van passasiers van vlug MH370 bring.
NAMPA
Maleisië het gister ‘n ooreenkoms gesluit van N$50 miljoen met ‘n Amerikaanse maatskappy wat in seebodem-eksplorasie spesialiseer om na die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines se vlug MH370 in die suidelike Indiese Oseaan te soek.

Die verdwyning van die vliegtuig, wat van Kuala Lumpur na Beijing in Maart 2014 met 239 mense aan boord op pad was, is een van die wêreld se grootste lugvaartraaisels.

Australië, China en Maleisië het in Januarie verlede jaar ‘n vrugtelose soektog wat nagenoeg US$157 miljoen gekos het in ‘n gebied van 120 000 vierkante kilometer afgelas.

Dít ondanks versoeke deur ondersoekbeamptes om die soektog tot ‘n gebied van 25 000 vierkante kilometer verder noord uit te brei.

Maleisië se minister van vervoer, Liow Tiong Lai, sê die private maatskappy Ocean Infinity sal nou na die MH370 in daardie gebied van 25 000 vierkante kilometer soek. Die ooreenkoms bepaal egter dat indien die maatskappy nie die vliegtuig opspoor nie, hulle nie betaal sal word nie.

Die soektog sal na verwagting 90 dae duur.

“Terwyl ons praat, is ’n vaartuig genaamd die Seabed Constructor na die soekgebied op pad,” het Liow in ‘n verklaring gesê.

Die vaartuig het 65 bemanningslede, insluitende twee regeringsverteenwoordigers van die Maleisiese vloot.

Die soektog sal op 17 Januarie begin, het die hoofstuurder van Ocean Infinity, Oliver Plunkett, gesê. Indien die vliegtuig binne die eerste 5 000 vierkante meter gevind word, sal die onderneming US$20 miljoen betaal word, US$30 miljoen indien dit binne 10 000 vierkante kilometer gevind word en US$50 miljoen indien dit binne die 25 000 vierkante kilometer gevind word.

Indien dit buite die area opgespoor word, sal die onderneming US$70 miljoen ontvang.

Die vaartuig het Durban in Suid-Afrika op 2 Januarie verlaat.

Wrakstukke van MH370 kan leidrade verskaf oor wat aan boord die vliegtuig gebeur het toe dit neergestort het. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!