Malema op 5 klagtes vervolg ná hy vuurwapen afvuur
Meghan Lawrence - Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Julius Malema, EFF-leier, aangekla vir die afvuur van ’n vuurwapen op 28 Julie 2018 op ’n politieke saamtrek in Mdantsane, naby Oos-Londen, in die Oos-Kaap.
Luxolo Tyali, provinsiale woordvoerder van die NVG in die Oos-Kaap, het in ’n verklaring bevestig die NVG het Malema en ’n wag van die veiligheidsmaatskappy wat op die dag na Malema se veiligheid moes omsien in verband met dié voorval aangekla.
“Die NVG het besluit om Julius Malema en Adriaan Snyman in verband met die afvuur van ’n vuurwapen op ’n EFF-saamtrek by die Sisa Dukashe-stadion op 28 Julie 2018 te vervolg,” sê Tyali.
Luidens die verklaring is daar is vyf klagtes teen Malema - 1. Die onwettige besit van ’n vuurwapen; 2. Die onwettige besit van ammunisie; 3. Die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied; 4. Dat hy nie die redelike voorsorgmaatreëls getref het om te sorg dat mense of eiendom nie in gevaar is nie; en 5. Dat hy mense en eiendom in gevaar gestel het.
Snyman word deur twee klagtes in die gesig gestaar: Dat hy nie die redelike voorsorgmaatreëls getref het om te sorg dat mense of eiendom nie in gevaar is nie, en dat hy ’n vuurwapen en/of ammunisie verskaf het aan iemand wat nie toegelaat is om dit in hul besit te hê nie.”
Sr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het destyds gesê Malema het ’n speelgoedvuurwapen afgevuur. Malema en Snyman gaan volgens Tyali op 24 Februarie 2020 in die hof verskyn en die staat sal intussen die inhoud van die dossier en videobeeldmateriaal van die voorval aan die beskuldigdes se regsverteenwoordigers beskikbaar maak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie