Maletzky pleit onskuldig
Die strafregtelike ondersoek na 'n skeefgeloopte eiendomstransaksie ten bedrae van N$2,5 miljoen is afgehandel.
Denver Kisting
Die bekende lekelitigant mnr. August Maletzky sê regskoste is duur.
Hy het Vrydag in die Windhoekse landdroshof gesê hy sal homself voortaan in sy korrupsie- en bedrogsaak verteenwoordig. “Ek het een ('n prokureur) gehad, maar dit is duur en ek behartig my eie verdediging.”
Maletzky en sy twee medebeskuldigdes, die prokureur mnr. Titus Mbaeva en Simon Afrikaner, het Vrydag onskuldig gepleit op die klagte teen hulle.
Al drie die mans staan tereg op twee aanklagte wat met oortredings op die teenkorrupsiewet verband hou.
Maletzky word hiernaas ook van bedrog aangekla.
Die hof het Vrydag gehoor die polisieondersoek in die saak is voltooi.
Die mans het geen pleitverduideliking verskaf nie.
Afrikaner behartig ook sy eie verdediging terwyl mnr. Orben Sebeya namens Mbaeva optree.
Landdros Samunzala Linus Samunzala het die saak tot 5 November vanjaar vir 'n beslissing van die aanklaer-generaal uitgestel.
Die mans se borgtog is tot dan verleng.
Republikein het in Februarie vanjaar onthul Maletzky staar 'n bedrogklag in die gesig nadat hy na bewering 'n bejaarde Angolese egpaar ingeloop het.
Dít kom nadat hy glo 'n huis wat hy in Windhoek-Wes teen N$10 000 per maand gehuur het onder die neus van die bejaarde eienaar, mnr. Samuel Dias (80), verkoop het. 'n Gebroke Dias het uitgebreid aan die koerant vertel hoe hy van sy aftreegeld gebruik het om destyds die huis te koop.
Volgens hom het die burgeroorlog in sy vaderland, Angola, en die beter gehalte van hoër onderwys in Namibië hom genoop om die huis te koop aangesien al drie sy kinders hier kom studeer het.
“En ek het nooit planne gehad om die huis te verkoop nie omdat dit vir ons 'n Namibiese tuiste gebied het en ek voorsien het dat my kleinkinders ook hier sou kom studeer en in die huis sou woon,” het hy gesê.
Naas die feit dat hy sê hy het nooit toestemming gegee dat sy huis verkoop word nie, is dit nog teen die helfte minder as die markwaarde – nagenoeg N$5 miljoen – verkwansel.
Maletzky het tydens 'n besoek aan die koerant se kantoor dae voor sy en Mbaeva en Afrikaner se inhegtenisnemings voet by stuk gehou hy het die reg gehad om die huis van die hand te sit.
Volgens hom het hy in Julie verlede jaar die volmag bekom om die huis namens Dias te verkoop.
Dias sê egter dié dokument, waarvan 'n afskrif in Republikein se besit is en wat deur Mbaeva saamgestel is, is vervals.
Maletzky het dít ook ontken.
Borgtog van N$100 000 is ná hul eerste hofverskyning aan Maletzky toegestaan terwyl Mbaeva borgtog van N$40 000 moes opdok en Maletzky se kantoorassistent, Afrikaner, N$20 000 moes betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie