Mali-stemdag vol geweld en gevaar
Malinese wag op die uitslag van die land se presidensiële verkiesing nadat stemdag Sondag by tye so gevaarlik was dat van die stemlokale gesluit moes word. Kiesers moes stem oor of pres. Ibrahim Boubacar Keïta vir 'n tweede termyn gaan aanbly.
Wydverspreide etniese en djihad-tipe geweld het dramaties vererger sedert hy vyf jaar gelede aan bewind gekom het.
Altesame 24 kandidate betwis die presidentskap. Sedert die laaste verkiesing in 2013 is daar baie geweld tussen Toeareg-rebelle en Islamitiese militante in veral die noordelike en sentrale dele van die land.
DW News berig dat geweld die presidensiële verkiesing oorskadu het met aanvalle op stemlokale en verkiesingsbeamptes wat glo geïntimideer is.
Sowat 30 000 sekerheidspersoneel is oor die hele land ontplooi. Global News berig dat 'n stemlokaal in een stad ná 'n aanval op 'n VN-vredesmissie gesluit moes word.
Die land is so onveilig dat in sommige dele glad nie gestem kon word nie.
Die Europese Unie (EU) se waarnemers het Saterdag 'n beroep op die Malinese regering gedoen om 'n lys te publiseer van die plekke waar nie gestem kon word nie nadat kandidate beweer het dat daar “fiktiewe stemlokale” was.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie