Mali vra opheffing van Tsjad-reisverbod
Mali se pres. Ibrahim Boubacar Keita, hoof van 'n groep van vyf lande in Afrika se Sahelstreek, het Amerika versoek om 'n reisverbod op burgers van Tsjad op te hef.
Keita sê indien dit nie gebeur nie, kan dit Tsjad se veiligheidsverbintenisse ondermyn.
Veiligheidsontleders was verbaas toe Tsjad, 'n sleutelvennoot van Amerika in die jare van die Koue Oorlog, verlede week saam met Noord-Korea en Venezuela by 'n reisverbod ingesluit is.
Tsjad se weermag veg plaaslik en in die streek teen djihadistiese groepe en speel 'n kritieke rol in die stryd teen Boko Haram. Troepe van Tsjad behou gevegsfront-posisies in die onstabiele noorde van Mali waar djihadiste regeringsowerhede vyf jaar gelede verdryf het.
Tot so onlangs as Februarie was Tsjad, 'n belangrike Franse bondgenoot, gasheer vir 'n opleidingsoefening van Amerikaanse, militêre spesiale magte as deel van 'n breër strategie om streeksmagte van die G5 Sahel-veiligheidsblok, bestaande uit Tsjad, Mali, Niger, Mauritanië en Burkina Faso, te bemagtig. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie